Verified Reviews
Louis Trichardt
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Louis Trichardt
Rated 3.9 out of 5 based on 57 reviews.
"Goeie oorslaapplek op pad wildtuin toe met groot winkelsentrum vir laaste aankope. Die pad Punda Maria toe is nie die beste nie, maar by verre ook nie die slegste in die land nie."
"The indigenous forest at Hangklip Reserve is good for birding. Vehicle with a bit of clearance is recommended. The picnic area is abandoned. Hiking and MTB trails in the area."
"Ek dink nie die Suid-Afrikaners weet hoe mooi dit in Louis Trichardt is tussen die berge nie. Definitief 'n toeristebestemming wat nie genoeg geadverteer word nie. Die dorp is ook mooi skoon en netjies."
"Omgewing is pragtig. Net jammer die dorp het so vervalle geraak. Paaie is in 'n haaglike kondisie."
"As jy nie belangstel om wild te gaan kyk nie, is daar niks anders vir bejaardes om te doen nie."
"Dit was paar jaar gelede 'n baie mooi dorpie, maar die agteruitgang is duidelik te bespeur in swak dienslewering, tekorte aan water toevoer, swak paaie, ens. Die Louis Trichardt Munisipaliteit het absoluut gefaal in hulle plig!"
"Soos alle kleiner Suid Afrikaanse dorpe is die tekens van munisipale agteruitgang duidelik sigbaar. Daar is geweldig baie slaggate en dit was duidelik dat die gastehuis sy eie watervoorsiening moet doen. Die omgewing vergoed egter tot n mate hiervoor."
"Al die plekke is nie begaanbaar vir gewone voertuie nie, maar sal vir seker die omgewing aanbeveel vir 'n wegbreek."
"Die woud is ongelooflik. Ek het dit vreeslik baie geniet en wil so gou moontlik teruggaan soontoe!"