Verified Reviews
Kouga Country
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kouga Country
Rated 4.5 out of 5 based on 228 reviews.
Marina Martinique, Kouga Country
Marina Martinique 1297"Ons het heerlik gekuier by Marina Martinique."
Marina Martinique, Kouga Country
Marina Martinique B&B"Fantasties - vyfster-gehalte in alle opsigte."
"Gemaklike omgewing met genoeg vermaak vir oud en jonk. Dit was lekker om nie te naby die hoofstrand te bly nie. Ons kon gelukkig parkering kry, al was dit besig. Die kuier- en eetplekke is heerlik en genoeg om van te kies. Die strand is pragtig en wyd versprei, goeie sekuriteit is orals sigbaar."
"Jeffreysbaai het al my verwagtinge oortref. Die swemstrand was skoon en die restaurante heerlik. Perdry by Papiesfontein was goed."
"Die omgewing rondom die dorp is asemrowend mooi en interessant, maar die straat in die middedorp waar die hotel en kitsbanke geleë is hou geen bekoring in nie. Ek kan nie sien dat hierdie deel van die dorp enige aantrekking vir toeriste sal hê nie. "
"Wavecrest is gerieflik geleë, dit het baie veilig voorgekom, dit is naby strand. Ons was meer vir besigheid in Jeffreysbaai, maar ek glo dat dit 'n baie lekker vakansiebestemming is - naby alles."
Marina Martinique, Kouga Country
17 Claptons"Is 'n pragtige rustige plek. Net jammer dat gaste nie self deur hekkie na see kan gaan nie. Jy moet bel dat iemand vir jou kom oopsluit. "
"Gaan besoek die padstal so 5km buite Patensie genaamd Padlangs as jy van lekker kos hou."
Marina Martinique, Kouga Country
Milkwood 218"Dis nie in Jeffreysbaai nie en jy moet deur 'n informele nedersetting soontoe ry."
"Dit was vir ons 'n pragtige vallei met gawe mense wat baie hulpvaardig was, veral hulle by die tolbos."
"Pragtige dorp. Ek was gelukkig om gedurende sitrusseisoen te kuier - dit is 'n ongelooflike mooi gesig om deur die pragtige Gamtoosvallei die dorp binne te ry en al die (duisende) sitrusvrugte (gereed om te pluk) te sien hang aan die bome. Tolbospadstal kan vergelyk word met die beste. "
"Loerie is 'n klein dorpie en vol vriendelike mense. Daar is 'n pragtige kerk en die Bravo koffiewinkel is 'n moet, want dit voel soos huis. Jy gaan om lekker te gesels met Alet en om haar voortreflike kos te geniet en "crafts". Moenie net beplan vir vinnige koffie nie. As jy wil haastig wees gaan terug stad toe. Wou graag by die Loerie dam gaan rondkyk het, maar tyd het ons gevang omdat ek so lekker kon slaap. Die area het groot potensiaal, weet die nartjiefees is daar in Oktober. 'n Goeie tyd om weer daar te gaan inloer."
"Baie pragtige bestemming maar die weer was nie so lekker nie. Ons kla nie want ons land het reën nodig."
Marina Martinique, Kouga Country
Marina Martinique B&B"Dit is goeie waarde vir geld en gaste word selfs per boot by die gastehuis gehaal om by die Marina Wharf te eet, en glo my die kos daar was so lekker dat ons 3 aande in 'n ry daar gaan eet het. Marina Martinique kry 12/10 vir hulle verblyf."
"The beaches are breath-takingly beautiful and the restaurant food offerings are creative and price efficient. Love this part of the world!"
"Humansdorp baie sentraal tov St Francis, Jeffreysbaai en Paradysstrand. Dit het dit BAIE koste effektief gemaak om die omgewing te sien en te verken."
"Akkomodasie is geskik vir 'n verskeidenheid soorte besoekers, sakereisigers, families asook toeriste. "