Geverifieerde Resensie
Keetmanshoop
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Keetmanshoop bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 43 resensies.
"Baie groot dorp - baie besienswaardighede in die omtrek en op die dorp self!"
"Keetmanshoop het baie om te sien: die Kokerboomwoud, Giant's playground, die kerk, die standbeeld van die skaapskeerder, ens. "
"Oornag net hier om ander besienswaardighede in omgewing te besoek."
"Die dorp self is effe vervelig, maar die Giants playground en Kokerboomwoud is lekker naby aan Keetmanshoop."
"Keetmanshoop het heelwat groter geword vandat ek voorheen daar was en was verras om te sien hoeveel nuwe winkels, oornag verblyf en eetplekke beskikbaar was."
"Ons het herinneringe uit ons kinderdae beleef en ons harte het daar agter gebly. Die mense is almal vriendelik en praat Afrikaans. Ons het nie geweet wat om te verwag tydens ons besoek aan die Departement Binnelandsesake in Keetmanshoop nie, maar was heerlik verras met die effektiewe en vriendelike diens deur Mnr. Steenkamp en sy span. "