Geverifieerde Resensie
Kathu
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kathu bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.8 uit 5 gekry volgens 117 resensies.
"Kathu is so clean. I have been to different parts of SA but I have never seen such a beautiful and clean town."
"Die dorp is interessant uitgelê met strate wat in sirkels en singels loop, met swak sigbare spoedbulte oral. Ry dus maar stadig."
"Kathu lê omtrent 6 km van die hoofroete af. Die winkelsentrum bied alles wat mens kan nodig kry. "
"Ek kan nie sê of Kathu 'n goeie toeristebestemming is nie, want ons was net vir die aand daar. Ek kan wel se dat die dorp baie skoon en netjies is as mens daardeur ry en dat dit rustig vertoon. "
"Baie dankie vir uitstekende verblyf in Kathu. Sal definitief weer daarvan gebruik maak. Gasvrou en gasheer was baie vriendelik en behulpsaam."
"Ons was aangenaam verras deur Kathu. Dit is 'n vooruitstrewende dorp met netjiese strate and winkels - selfs 'n winkelsentrum of twee. Daar is ook 'n paar goeie restaurante en koffiewinkels."
"Kathu is besonder skoon en netjies wanneer vergelyk word met ander dorpe wat ons besoek het op ons reis. Dit blyk 'n pragtige dorp te wees."
"Dis 'n aangename dorp, maar het nog bietjie werk nodig om sy potensiële attraksies te ontwikkel."
"Mooi wêreld met die pragtige kameeldoringbome oral. Beste gholfbaan in die land tussen pragtige kameeldoring plantasie. Kalahari klub goed toegerus en baie netjies."
"Kathu het baie potensiaal. Aangenaam as 'n oorbly-dorp, met goeie stedelike geriewe. Die golfklub het 'n pragtige restaurant en omgewing."
"Kathu se ligging is ideaal vir oorslaap as jy reis vanaf Gauteng na Namibië of die Weskus. Die dorp het my aangenaam verras."
"Ek hoop om binnekort Kathu en sy mense weer te besoek. Hopelik die keer vir ontspanning en nie vir werk nie."
"Dit was baie bedrywig tydens ons besoek aangesien dit paasnaweek was. Ek dink mens kry alles wat jy nodig het in Kathu."