Geverifieerde Resensie
Howick
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Howick bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 87 resensies.
"Ongelukkig te kort verblyf om Howick te kon verken, maar die plekke wat ons wel aangedoen het was voorwaar van die mooiste natuur in die omtrek."
"Ek was aangenaam verras met die dorpie. Het tevore slegs die waterval gaan sien. Veral die ouer deel is pragtig en boomryk met outydse huisies. Dat daar baie gebeur in die dorpie, is duidelik, te oordeel aan kennisgewingborde en motors by sale op 'n Donderdagmôre. Die mense, ook in die winkels, is vriendelik en behulpsaam. Die Midlands Meander is ook vinnig bereikbaar hiervandaan."
"Ons het nie veel van Howick uit 'n toeriste-oogpunt gesien nie, maar ek was by ongevalle in die hospitaal en het uitsonderlike diens ontvang."
"The road is not right especially when you are driving at night. More potholes."
"Watervalle se parkering glad nie veilig nie, baie elemente wat rondstaan om motors op te pas. Ons het nie gevoel ons kan ons bagasie in die motor los en stap nie. Baie onveilig gevoel."
"Die verval by die waterval is hartseer. Die parkeerarea is toegemaak en ons het nie veilig gevoel om 'n ent weg te parkeer en soontoe te stap nie, al was dit helder oordag. Daar is wel mooi plekke om te besoek in en om die res van die dorp."
"Ons was net by die winkels vir kos en verder by die woonstel, so ek kan nie iets sê van toerismebestemming nie."
"Die dorpie beskik oor genoeg restaurante en winkels. Die Howick-watervalle is asemrowend!"
"Ons was baie beïndruk met die omgewing, nie besef dis so 'n groot "dorp" nie wat so lekker groot verskeidenheid winkels het nie."
"Unfortunately, we didn't have time to see everything we wanted to see. But we will be back!"
"Natuurskoon is asemrowend, maar die verblyf is nogal aan die duurder kant in vergelyking met ander plekke in die land. Baie van die paaie is tans in 'n baie slegte toestand, hoewel dit blyk dat daar pogings is om dit te herstel. Baie om te doen en te sien in die omgewing."
"Baie interessante besoekpunte. Kry eers inligting oor Howick, asook die res van die middellande."
"Restaurante moet net bietjie meer voorsiening maak vir 'n gesin van meer as 4 mense. Was by 3 plekke in een aand weggewys omdat hulle nie genoeg sitplek gehad het vir ons nie."
"Klein deel van Howick gesien, die eetplek naby gastehuis was fantasties en veilig om na toe te loop, sou meer wou sien, maar tyd was min."