Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Kaart

Geverifieerde Resensie

Hazyview-Vakansiedorp

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hazyview-Vakansiedorp bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 8 resensies.

Hazyview-Vakansiedorp

Tatenda Guesthouse

"Pragtige natuurskoon en naby verskeie besienswaardighede o.a. die Nasionale Krugerwildtuin."

Hazyview-Vakansiedorp

Tatenda Guesthouse

"Die dorp is bietjie besig, maar gerieflik sentraal van al die besienswaardighede."

Hazyview-Vakansiedorp

Safari Bed & Breakfast

"Die dag se besoek aan die Krugerpark en Sabie is beslis die moeite werd veral as jy oorslaap by Bubezi Gastehuis."

Hazyview-Vakansiedorp

Safari Bed & Breakfast

"Ek dink die dorp as sulks is uitstekend geleë vir 'n reisiger na die Laeveld. Ek dink wel die paaienetwerk kort aandag, maar dit behoort nie 'n reisiger weg te hou nie. Twee groot winkelsentrums wat min of meer alles bied wat jy nodig sou hê indien jy iets by die huis vergeet het is beskikbaar, maar, dit gesê, kan die reisiger net so wel hier sy aankope kom doen sonder om met 'n oorlaaide voertuig die pad aan te durf. Ek moes 'n battery op my 4x4 vervang en het dit by Midas kon doen teen standaardtariewe met uitstekende diens."

Hazyview-Vakansiedorp

Tatenda Guesthouse

"Naby die Krugerwildtuin en het baie lekker restaurante om van te kies."

Hazyview-Vakansiedorp

Tatenda Guesthouse

"Die dorpe in die platteland van Suid-Afrika het die afgelope 20 jaar agteruitgegaan en die werklike "omgee" en die algemene indruk van die dorpe laat maar aan veel te wense oor. Vuil strate, swak paaie, met ongelukkig baie leeglêers word maar oral gevind en soms is jy as toeris maar bekommerd oor jou eie veiligheid, aangesien jy maklik onderskei kan word van die plaaslike inwoners. Die grootste voordeel vir Hazyview is natuurlik sy klimaat en sy ligging so naby die Krugerwildtuin."

Hazyview-Vakansiedorp

Safari Bed & Breakfast

"Bekommerd oor veiligheid. Locals wat die sypaadjie as toilette gebruik is walglik."

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang