Verified Reviews
Ficksburg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Ficksburg
Rated 3.7 out of 5 based on 71 reviews.
"Beautiful environment. We were there for the Cherry Festival but spent most time at Sandstone and a nearby Ionia cherry farm where a separate festival was run after the cherry harvest. "
"Die hele area, insluitende Clocolan is asemrowend en 'n besonderse ervaring."
"Baie vervalle geword en sommige strate is so vol potholes dat dit amper onrybaar is. "
"Gholfbaan en gastehuis was awesome! Regtig 'n baie mooi gholfbaan! Maar die paaie en res van ficksburg, eish."
"Kersiefees in November. Dis 'n netjiese dorpie met mooi berguitsigte na Lesotho toe. Goeie opsies vir dagtoere. Die Constantia padstal net buite Clocolan op die Ficksburg pad (R26) was baie verfrissend. Uitstekende eetplek. "
"Die omgewing se natuurskoon was baie besonders. Ek sal baie graag weer wil teruggaan Ficksburg toe vir kersiefeestyd, maar ook om net meer tyd in die omgewing te spandeer. Sandstone Estate is ook 'n besoek werd met die stoomtrein- en ossewa-ritte wat mens daar kan doen."
"Netjiese en rustige dorpie. Inwoners baie bewus van toerisme en die voordele daarvan en wil graag toeriste gelukkig hou. Teen die grens van Lesotho en dus 'n geskikte oornagdorp as jy die Maloti-roete na die Katsedam aanvat."
"Na aan die Lesotho grens en pragtige natuurskoon. Baie mooi deel van die land. "
"Stil dorpie. Vriendelike mense. Die Kersiefees in November is dalk die ideale tyd vir toeriste."
"Bied nie veel besienswaardighede nie, maar dit hang seker af van watter tyd van die jaar jy dit besoek. Was beïndruk met ons besoek aan bie "Blik plek" . Die kreatiwiteit om iets uit "gemors" te maak het ons monde laat oopval."
"Oulike dorpie, beter as Ladybrand of Fouriesburg. Die Gin-gir restaurant is 'n moet."
"Ficksburg besoek, dit was eens 'n juweel, maar soos meeste dinge in ons land is die spoor van verwaarlosing duidelik sigbaar, maar steeds 'n lekker plek, veral in kersietyd."
"Bietjie emosioneel vir my - ek is daar gebore in 1947 en het die dorp verlaat in 1954. Eish!"
"Kersiefees het hulp nodig met die sang se aandprogram. Kunstenaars was swak op die Donderdagaand. Net 20 mense was teenwoordig. "
"Water shortage was a turn off. Have bigger jojo tanks or in future, budget for a borehole just in case."
"We enjoyed our brief stay in Ficksburg. People were friendly and helpful and we spent way too much money at Cafe Chocolat and the Orange Marmalade! A visit during the Cherry Festival season seems to be called for. Next year, perhaps!"
"Horse riding is a must and Ventersburg stables has great horses to go out on and appreciate the countryside. "
"Ficksburg is 'n baie mooi toeristebestemming en baie naby aan ander toeristebestemmings."