Geverifieerde Resensie
Fichardt Park
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Fichardt Park bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 136 resensies.
"Ons het nie tyd gekry om Fichardt Park te verken nie. Ons het wel 'n draai by Pellisier Park gemaak vir 'n foto met die dogters in hul Volkspeledrag by die naamborde van Pellisier en Volkspeler strate, want ons was in Bloemfontein vir 'n Volkspele aangeleentheid."
"Netjies, skoon buurt. Goed geleë vir reisigers om vinnig op snelweg te kom en vind dit maklik vanaf snelweg as jy daar oornag by 'n plek."
"Nie veel vir toeriste om te doen in Fichardt Park nie, dis 'n woonbuurt. Maar dit was geskik vir ons wat 'n funksie by die Bloem Oval bygewoon het."
"Fichardt Park is baie sentraal geleë met baie restaurante en naby sentrum en bioskoop."
"Bietjie ver van malls af, maar rustige, stil buurt. Sal beslis weer daar gaan oornag!"