Geverifieerde Resensie
Durbanville
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Durbanville bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 93 resensies.
"Die Plaasfees was 'n lekker ondervinding. Die Boer restaurant en teater was soos altyd, die hoogtepunt van ons besoek! "
"As jy 'n stil plekkie soek, maar nog steeds in die Kaap wil wees. Is dit die plek waar jy wil slaap."
"Ons was beïndruk met die baie skoon en netjiese omgewing. Naby restaurante en die nodige winkels. Sentraal geleë met maklike toegang tot alle roetes."
"Alle besighede is maklik bereikbaar en heerlik Afrikaans met al die assistente in besighede."
"Baie mooi plekkie en baie sentraal naby winkels en hospitaal."
"Durbanville is goed geleë met maklike toegang tot besigheidsentrums en wynplase wat uitstekende dienste en produkte aanbied."
"Mooi rustige omgewing met alle nodige reisbehoeftes en uiteet-plekke in die dorp . Goed geleë vir mooi dagtoere."
"Durbanville is 'n lekker plek om rustig te wees en om uit te gaan om nuwe mense te ontmoet."