Verified Reviews
De Rust
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in De Rust
Rated 4.5 out of 5 based on 301 reviews.
"Die waterval by Meiringspoort het ons asems weggeslaan. Asemrowend. Die dorpie self het oulike plekkies. Een dag se oorslaap is voldoende."
"Ons wou graag Meiringspoort van noord na suid deurstap. Barry het ons ’n geleentheid gegee tot by die Klaarstroom ingang na die Poort en ons kon toe Meijer's Rust toe terugstap. 'n Pragtige staproete. De Rust is n pragtige en vriendelike dorpie met heerlike winkels en eetplekke."
"We love the Karoo. De Rust is a beautiful place in so many way's. There are so many activities in and around town. Wonderful!"
"De Rust is a wonderful, quirky little town with great character. There are plenty of coffee shops and breakfast and lunch spots. The surrounding areas also offer plenty to explore!"
"DeRust is a lovely, peaceful town outside of Oudtshoorn. It is a very arty town and there are lots of little shops and cafés to get lost in."
"Ons besoek gereeld afgeleë, interessante, waarde-vir-geld selfsorgplekkies in die Wes-Kaap. Niks kon ons egter voorberei op die gevoel van heerlike absolute afsondering en stilte bo-op die berge aan die voet van Meiringspoort nie. Die hoogtepunt was om donkeroggend op een van die Klein-Karoo se koudste dae, in die ruim Victoriaanse buitebad te ontspan in vuurwarm water met slegs die toegesneeude Swartberg en sterre wat jou afloer. Ek is werklik spyt ons het nie genoeg tyd gehad om die elande te besigtig asook die klofie agter die pikante rietdakhuisie uit te stap nie ...' n uitstekende verskoning om weer te gaan kuier! Baie belangrik - die 1.6 km tot op die berg moet myns insiens slegs aandurf word met' n 4x4 voertuig. Dit is definitief nie moontlik met 'n motor nie. "
"Grocery shopping not the best, if you plan on just staying in De Rust, ensure you have all the foodstuffs you need. People are friendly and inviting."
"De Rust is 'n lieflike pragtige Karoodorpie met 'n paar oulike snuffel-winkeltjies. Ray's is 'n prima koffiewinkel wat ook heerlike ontbyt en ligte etes bedien. Die Grumpy Goat is gesellige kroegie waar daar lekker saam met die vriendelike locals gekuier word, die eienaars bedien lekker pizza en hamburgers ook daar. Die omliggende Meiringspoort asemrowende mooi natuurskone berge, klowe en riviertjies."
"This is a quaint village with typical rustic little Karoo charm. Well worth a visit or stop-over."