Geverifieerde Resensie
Cullinan
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cullinan bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 66 resensies.
"Not too far from Johannesburg, so perfect for a day trip or a weekend of peace and quiet. Great people, everyone we encountered was friendly and helpful."
"Cullinan is baie rustig, en ek hoop die dorpie kan volhou word deur toeriste wat gereeld kom besoek."
"Loving Cullinan town, beautiful fun town, a good day outing with nice bars and restaurants, truly a great experience."
"Ek het nou nie veel van die dorp gesien nie. Was by die Spar en alles lyk mooi en skoon."
"Ons het heerlik aandete geëet by die Station Diner restaurant, asook by Piacere. Ons het ook 'n heerlike ontbyt/middagete by The Lemon Tree Tea Garden geniet."
"Ons wil vir seker weer gaan, was op 'n Dinsdagaand daar, volgende keer gaan ons oor 'n naweek om al die mooi historiese plekkies te beleef, ons is mal daaroor."
"Bo-grond-myntoer saam met Grace was baie insiggewend. Museum en al die winkels was interessant."
"Beeldskone klein dorpie, met klein, maar oulike winkels en restaurante om by rond te loop. Was vir die bier-fees daar en dit was heerlik! Sal verseker weer terugkom vir die volgende een. Skoon en netjiese dorpie wat 'n mens se hart steel! Gaan die myntoer met die volgende naweek kom verken."
"Klein dorpie met 'n groot hart. Vriendelike kleinsake-ondernemers! Ek is mal oor die klein winkeltjies en lekker eetplekke."
"Lovely restaurants, had supper at the Cullinan Hotel and received a small history tour from one of the employees. Sunday we went to visit the vintage shops and we enjoyed every minute. We will be back soon."
"You would need your own car to travel around. Uber or Bolt is not available in Cullinan."
"Ek vind dat baie van die kleiner besighede nie die nodige borde het om hulle self te adverteer nie en behoort baie meer besigheid te doen as hulle dit doen. Miskien moet hulle 'n Facebook groep stig waaraan al die besighede behoort en waar hulle mekaar help met bemarking. As een voete trek sal al die ander ook daarby baat vind."
"Janharmsegat, so aantreklik dat mens nie kan help om 'n randjie of twee te spandeer nie. Al die besighede in Oak Avenue, vriendelik en netjies."
"Ongelukkig was meeste plekke toe op Maandag en Dinsdag, maar steeds 'n rustige plek vir 'n wegbreek."
"Klein Dorpie met baie historiese agtergrond. Sal graag meer as 1 dag daar wil spandeer. Let net dat geen winkels in die aand oop is nie so koop vroeg aandetes ens."
"Het die uitstappie na Cullinan geniet, dit was interessant en die straat winkels heerlik."