Verified Reviews
Calitzdorp
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Calitzdorp
Rated 4.2 out of 5 based on 273 reviews.
"Calitzdorp is 'n toeriste-vriendelike bestemming met 'n baie goeie ligging vir 'n dag of wat se oorstaan indien mens op reis is tussen die Noordelike provinsies en die Tuinroete."
"Bo plaas en De Krans is moeite wêrd om te besoek. Redstone grondpad en vallei baie mooi."
"Verskriklik baie om te ontdek in die omgewing, ry die agterpaaie en grondpaaie."
"Calitzdorp is my hartsplek aangesien my wortels daar lê - dit is 'n rustige, beeldskone dorp waar mens die vrede van die Klein Karoo ten volle kan ervaar. Daar is restaurante en wynkelders vir die fynproewer en wynkenner, asook talle besienswaardighede. Net die dorp om jou batterye te herlaai voor jy terugkeer na die stadsgewoel."
"Die diens by Boplaas Kelders was maar swak, die personeel het ons laat wag en toe ons uiteindelik gehelp is het hulle nie baie entoesiasties gelyk nie."
"Baie goeie ligging, netjiese dorp en vriendelike mense. Mooi plekke om te sien en het dit baie geniet tussen die wynplase."
"Die dorpsdam (ongeveer 11 km buite die dorp) was mooi om te gaan sien. Die kerkklok lui nog soos in die ou dae op die uur. Die omgewing van Calitzdorp is asemrowend mooi met die berge wat dit omring."
"Ons het die aand by die Bakhuis gaan eet, wat 'n baie aangename ervaring was. Ons kos was uitstekend!"
"Dis 'n goeie oornagstop of vir tweedag-verblyf. Langer verblyf as tuisbasis vanwaar jy die omgewing kan verken."
"Calitzdorp is 'n stil dorpie en ons het die wynproe/port by die verskillende proelokale geniet en was baie goed ontvang. Ons het ook heerlike middagete geniet by die Tuin en Art studioplekkie. Dit is die moeite werd om die Seweweekspoortpas deur te stap. Vir toerisme sal dit baie help as iemand jou in die pas kan gaan aflaai en weer kom oplaai. Daar is geen opvangs in die poort nie en moes ons reël vir twee karre vir die begin en die einde van die stap. Ons was gelukkig om 'n vriend te hê wat van George af saam met ons gestap het om sy kar by die eindpunt te los."
"Ek en 'n vriend was by The Kombuis vir aandete. Pieter is 'n uitstekende kok! Ek en 2 vriende was ook by Café at the Rose vir ontbyt en dit was ook bobaas. Ek en vriende sal 'n week moet teruggaan om al die ander eetplekkies uit te toets!"
"Calitzdorp moet deesdae soos enige ander Kaapse dorpie benader word - fokus op dit wat waarde bied (hier kan jy wynproe) en ervaar die pragtige natuurskoon, maar vermy die bedelaars in die hoofstraat wat jou onveilig laat voel. Die dorpie self vertoon egter wel minder vervalle as die meeste ander tipiese, klein dorpies in die land. Vir Calitzdorp is dit die moeite werd om veral die omliggende omgewing se roetes teen en tussen die berge te geniet. Hier is baie geskiedenis en kultuur wat wag om ontdek te word."
"Calitzdorp is ons hartsplek met die mooiste natuurskoon, vars lug en opregte, vriendelike inwoners. Daar is oulike en unieke eetplekkies, historiese geboue en natuurlik die wynkelders wat 'n besoek aan hierdie dorp 'n onvergeetlike ervaring maak."