Verified Reviews
Caledon
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Caledon
Rated 4.1 out of 5 based on 95 reviews.
"Die dorp is wonderlik. Beslis 'n plekkie om na te gaan as mens weg wil kom van die stad."
"Die Caledon Hotel en Spa is naby geleë en lekker om te gaan besoek en in die warm water te baljaar."
"'n Tipiese plattelandse dorpie en as dorp met niks besonders om toeriste te lok nie. Die omgewing bied wel 'n baie mooi landskap en allerlei besighede waar vrugte, etes en ander ware te koop aangebied word."
"Haarsalon Hectic Hair op Caledon was ‘n heerlike besoek. Die windterbines se grootheid slaan jou asem weg. Die trouplek Die Woud by Caledon is pragtig. "
"'n Lus vir die oog. Ons was in Augustus daar, wat effens koud was, maar is absoluut beloon met ongelooflike natuurskoon. Die kanola is dan in blom en dit is die mooiste gesig! Caledon is 'n juweel van 'n dorp met lekker doendinge, natuurlik ook die heerlike Caledon warmwater bronne, Onthou om swemklere in te pak, Caledon hou nie aan nie."
"Ek was daar vir 'n troue en het nie regtig geleentheid gehad om te verken nie, maar my broer en 'n vriendin het dit gedoen en was baie in hulle skik oor Caledon en die omgewing."
"Dit is 'n interessante plek, baie stil en rustig en iets besonders as dit jou eerste keer is dat jy die plek besoek."
"Daar is nie baie akkommodasie vir mense wat graag naby trouvenues wil bly nie. Veral met kinders. Van die plekke wat wel in die omgewing van Caledon is, is bitter ver, mense met kinders wil naby wees. Dit is ook baie duur vir gaste om te oornag. Sommige plekke laat kinders toe maar moet vol prys betaal. Of ekstra kamers boek. Ek voel as jou kind in elk geval deur die loop van die nag by jou kom inkruip hoekom dan ektra betaal vir 'n kamer waar hy nie eens in slaap nie. "
"We went for a wedding so didn't see much of Caledon to be honest. However, "Die Woud" wedding venue just outside Caledon is the best wedding venue I have ever been to. "