Geverifieerde Resensie
Buffelspoort
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Buffelspoort bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 8 resensies.
"Ek sou daarvan gehou het as hulle ons vroeër gesê het dat die onderdak se warm water swembad toe is en nie nadat ek alles betaal het nie."
"As jy hou van bitter baie mense met skaars 'n oop plekkie in die swembad om te staan en kinders wat "bom" langs jou sonder om aangepraat te word deur hulle ouers en mense wat oor en weer harde tennisballe in die swembad vir mekaar gooi oor ver afstande en nie worry dat hulle ander mense raakgooi nie, gaan gerus. Indien nie, bly weg, hopeloos te besige oord."
"Lieflike plek wat ek sterk sal aanbeveel. Daar is klasse van verblyf vir elke smaak en prysklas."
"Dit was baie lekker, die enigste negatiewe was dat ons glad nie in die aande kon slaap nie, want ons eenheid was naby an die hoofweg en die geraas van die karre, trokke en trein was bietjie erg."