Verified Reviews
Bredasdorp
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Bredasdorp
Rated 4.3 out of 5 based on 181 reviews.
"It's a very nice and safe place. Well located for visiting the coast and Cape Agulhas."
"'n Mens kan nêrens op 'n Saterdagmiddag of Sondag wyn koop nie ... so moenie jou drinkgoed by die huis vergeet nie!"
"Hierdie dorpie is lekker sentraal vir uitry na die verskillende strande toe. Sal definitief weer daar 'n draai maak."
"Lekker rustige dorp met baie eetplekke en 'n goeie basis om ander plekke te besoek. "
"Bredasdorp is so naby aan die Kaap, en die reis soontoe is pragtig tussen die plase en graanlande. En dan is dit baie naby aan Struisbaai en Agulhas vir dag-uitstappies."
"Pragtige dorpie met nodigste winkels. Moenie te veel uitbrei nie. Hou van hoe dit tans is."
"Mense in Bredasdorp baie beleefd en vriendelik. Dorpie skoon en netjies."
"Bredasdorp is 'n uiters veilige bestemming (ons motor het in die straat gestaan sonder dat iemand daar gepeuter het). Hou van die kerkklok wat nog in 'n werkende toestand is - lui elke 15 minute soos van ouds. Daar is nie veel te doen op die dorp self nie. Maar die ligging is ideaal - naby Napier, Waenhuiskrans/Aston, Struisbaai, Aghulas, Baardskeerdersbos en ander interessante plekke. "
"Baie sentraal geleë met heelwat toeriste aantreklikhede in die dorp asook in die omgewing."
"Goeie verskeidenheid van besighede (alles beskikbaar). Mooi dorpie met baie vriendelike mense."
"Dis nog platteland maar met alle moderne geriewe. Die Agri-megaweek was 'n belewenis."
"Daar is soveel meer in Bredasdorp om te doen as wat ek aanvanklik gedink het. Besoek beslis die Red Windmill tussen Napier en Bredasdorp, sowel as The Black Oster vir wyn en pragtige kos. Was baie beïndruk met die dorp en die omgewing."
"'n Tipiese, plattelandse dorp. Die rustigheid en die hulpvaardigheid van mense het my opnuut aangegryp. Mense het regtig nog tyd vir 'n mens."
"Very nice little place - die Rooi Windmeul on your way out of Bredasdorp on the way to Napier which is perfect for breakfast before you get on the road again. Bredasdorp itself does not have that much to offer as a tourist destination, but is a good base for the surrounding areas."
"Bredasdorp is 'n baie mooi dorp en 'n mens kan alles kry wat jy soek as jy daar met vakansie is en die dorp is ook nie baie ver van die see af nie."