Geverifieerde Resensie
Blydeville
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Blydeville bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 25 resensies.
"Dit is 'n rustige area vir tydelike akkommodasie vir enige reisiger."
"Miskien 'n televisie vir die kinders wat wil cartoons kyk, verder baie nice."
"Dit is naby 'n groot inkoopsentrum as jy dringend iets sou nodig hê. Dit is ook naby die middedorp en al die besienswaardighede is maklik binne bereik."
"Mooi skoon woonbuurt, trouens die hele dorp is, het daar al gebly ook. Kan net straatname op sementblokke op sypaadjies verf."
"Nie regtig tyd daar kon spandeer nie, maar dit lyk na 'n goeie vakansiebestemming."
"Blydeville is slegs 'n uitbreiding van Upington. Kan lekker wynproe in Upington en op die rivier ry met 'n bootrit wat vooraf bespreek word."
"As jy wil weghol uit die stad se besige strate is dit net die plek om heen te gaan."