Verified Reviews
Bloubergstrand
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Bloubergstrand
Rated 4.7 out of 5 based on 344 reviews.
"Perfekte wegbreek ligging met mooi uitsig oor die see en op Tafelberg in die agtergrond met heerlike eetplekke."
"Het pragtige strande binne 'n kort afstand met lekker en veilige aftrekplekke om Tafelberg, die see, en in die verte Robbeneiland te kan besigtig. Baie lekker eetplekke ook wat oor die see uitkyk. "
"Mal oor Blouberg. Gaan elke jaar terug. Alles wat jy nodig het in een plek. Shopping malls nuut en gerieflik naby. Beste restaurante ooit. Mense vriendelik."
"Die grootste probleem met die Kaap is die wind, en die beperkte hoeveelheid paaie in Kaapstad in. Andersins, spesifiek met betrekking tot Bloubergstrand was dit 'n heerlike area om in te bly. Ons kon strand toe stap om na die kite surfers te kyk. Daar was ook werkende parkies naby vir ouers met kleiner kinders. Die dorp beskik oor verskeie geriewe van winkels, kitsbanke, tot restaurante en besienswaardighede, en is binne ry-afstand van vele meer bestemmings. Iets vir almal binne 'n redelike afstand."
"Baie mooi uitsigte oor Tafelberg. Lekker om die strand te stap en 'n klomp restaurante, kuierplekke en inkopiesentrums baie naby geleë. "