Verified Reviews
Aliwal North
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Aliwal North
Rated 3.5 out of 5 based on 111 reviews.
"Dis 'n tipiese, maar skoon plattelandse dorpie en ons het regtig heerlik by Riverside Lodge geëet. Ek sal weer daar oor bly op pad iewers anders heen, maar glo nie ek sal langer as een nag daar wil deurbring nie. "
"Good stopover to the coast, not much going on there though. Riverside lodge is nicely located, but service is slow."
"Dis duidelik dat Aliwal Noord vroeër jare 'n dorp met glorie en status was; dit wil egter voorkom of daardie destydse glorie effens by die rivier afgespoel het. Dele van die dorp is in dringend soeke na opknapping en instandhouding. Nietemin, ons het 'n baie heerlike bord kos geniet by die Riverside Pub and Grill - definitief 'n moet."
"Dit is werklik lekker om by die Little Ranch te gaan eet. Hul kos en vleis is fantasties."
"Dit was ons eerste keer in Aliwal-Noord en ongelukkig het ons net daar oorgeslaap en die volgende oggend weer vertrek. Sal definitief probeer 'n volgende keer langer te bly en die omgewing beter te verken. Oulike eetplekke wat beskikbaar is met baie goeie resensies. Ons hey by Oppiehoek gaan eet wat goeie waarde vir geld was en heerlike kos en nagereg geniet. Daar is heelwat besienswaardighede, maar aangesien ons oor die naweek daar was, was alles reeds toe in die laatmiddag. Enigste negatiewe punt is al die rommel wanneer jy die dorp in ry. Plastieksakke en bottels lê orals! Daar was ook verskriklike slaggate in van die paaie in die woonbuurte."
"Soos meeste van die ouer plattelandse dorpe is die dorp besig om stadig maar seker agteruit te gaan. Die strate begin op meeste plekke te verkrummel en laat groot slaggate - slegs die hoofstraat blyk om amper in stand gehou te word. Die gasteplase buite die dorp hou egter steeds hulle eie bekoring in."
"Ons het net oorgeslaap in Aliwal, kan nie regtig kommentaar lewer as toeristebestemming nie, dis 'n gerieflike halfmerk rusplek, heerlik geslaap en daar is genoeg restaurante om ietsie te eet."
"Daar is nie veel om te sien of doen nie, die aantrekking van die verlede, warmbronne, bestaan nie meer nie. Baie koud in die winter."
"Pragtige dorp. Goed uitgelê. Wens ek kon daar permanent woon. Munisipaliteit moet net hul deel doen en die dorp onderhou."
"Aliwal-Noord is 'n geskiedkundige dorp met baie gasvrye en hulpvaardige mense. Draai gerus by die lieflike kerke, Lord Summerset gastehuis, BmyGeust gastehuis, The Saffron of Wimpy."
"Ons kon ongelukkig nie verken nie omdat ons vroeg moes ry, maar sal van 'n volgende geleentheid gebruik maak."
"Die plaaslike owerheid moet aandag daaraan skenk om die dorp se infrastruktuur op te knap."
"Nadat ek die gekiedenis gelees het sal ek graag die dorp wil verken. Hier het baie gebeur wat gerespekteer en waardeer moet word. Wil terugkom en oorbly."