Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ton & Trees

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Naboomstraat 3169, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R1 350 per nag (plek vir 11)

Beskrywing

Ton & Trees is 'n bekoorlike selfsorghuis wat in Marloth Park geleë is, en is stapafstand vanaf die Krokodilrivier, die Two Trees-uitkykpunt, en 18 km vanaf die Krokodilbrug-ingang na die Krugerwildtuin.

Dié huis het slaapplek vir 11 gaste en beskik oor 4 smaakvol gemeubileerde slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het lugversorging en ingerig met 'n dubbelbed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het ook lugversorging en ingerig met 'n dubbelbed, en kan gebruik maak van die badkamer oorkant in die gang wat toegerus is met 'n stort. Die derde slaapkamer is op die boonste verdieping en is ingerig met 4 enkelbeddens en het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die vierde kamer is 'n solderkamer wat met 3 enkelbeddens ingerig is en loop uit na die dek.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe. Dit maak oop na die etenstafel en strek verder na die sitkamer wat met gemaklike sitplek gemeubileer is.

Die sitkamer strek na die patio wat gemeubileer is met sitplek buite, 'n boma-vuurput en braaigeriewe. Daar is ook 'n lieflike plonspoel wat gaste kan geniet tydens die warm weer. Gaste kan verwag om 'n verskeidenheid wild op die perseel te sien.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

4

4 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

3

3 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 15 resensies

Baie goed

Netheid
3.3
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.3
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Faydene D
Saam met vriende
5.0
It was great and nice. Everything was as it is in the pictures. It was great and nice.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Candice B
5.0
Wonderful! If I could rate Ton and Trees out of 100 I would . The accommodation had enough space for all of us and gave such a homely f...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Leane G
Gesin met klein kinders
5.0
Veilig, mooi en rustig. Baie lekker en veilig.
Jul 2024
Johan S
Saam met vriende
5.0
Was lekker gewees. Genoeg spasie vir almal. Beddens slaap lekker. Badkamer en braai area was gerieflik. Swembad was lekker om af te koel.
Apr 2024
Gerhard S
Gesin met klein kinders
4.8
Enjoyable. Hot weather but very nice, saw a lot of animals. Small pool was a winner.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.2/5

Theresa Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 15

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Naboomstraat 3169, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Ton & Trees het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 350
per nag (plek vir 11)
Vanaf
Vanaf R 1 350
per nag (plek vir 11)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Naboomstraat 3169, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd573dc0605fb814f8fd484e0547a86660d282da5e5f91b74111e714a4b04a32e47c5b19fd4e76463d40e3111abf6f9896898?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 350 per nag (plek vir 11) 15 5 1 5 3169 Naboom Street Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.335702330127 31.806648542328

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang