Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Three Birds Country House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Springstraat 5, Richmond, 7090, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 350 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Three Birds Country House skuil in die rustige dorpie Richmond langs die N1 in die Noord-Kaap. Die verblyf is halfpad tussen Kaapstad en Johannesburg en dis ideaal vir reisigers wat op soek is na oornagverblyf.

Die gastehuis bied 6 luukse suites, waarvan 1 'n gesinskamer is. Elke kamer het 'n en suite-badkamer, 'n TV met sekere DStv-kanale en tee- en koffiemaakgeriewe. Die beddens is opgemaak met katoenlinne, donsveer-duvets en hipo-allergeniese kussings.

Elke kamer het lugversorging en 3 van die kamers bied toegang tot die binnehof. Dié drie kamers is ideaal vir gaste met troeteldiere of diegene wat die Karoo-son en -sterre in privaatheid wil geniet. Troeteldiere is welkom teen 'n ekstra fooi en moet te alle tye aan 'n leiband wees. Diere word nie op die meubels toegelaat nie. Enige skade sal deur gaste verhaal moet word.

Three Birds Country House bied gratis WiFi en veilige parkeerplek op die perseel.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 131 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Annie F
Saam met vriende
5.0
Great place. Very luxurious. Great facilities. Loved the whole setup.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2025
Estelle S
5.0
Goeie waarde vir geld, sal hoogs aanbeveel. Netjiese en pragtige verblyf met 'n gemaklike bed en fantastiese badkamer.
Feb 2025
Renita L
Gesin met tieners
5.0
Uitstekende waarde vir geld. Ons was aangenaam verras met die plekkie. Die dekor is keurig met kwaliteit linne en heerlike, ruim beddens. Daar is aan ...
Sien meer
Jan 2025
Petria S
Saam met vriende
5.0
Perfekte oornag of meer, uitstekende diens en waarde vir geld. Oornagverblyf was lieflik! Roxy (my Malteser) het net so lekker gebly. Die fasiliteit v...
Sien meer
Jan 2025
Clare A
Gesin met tieners
4.4
Goeie waarde. Baie lekker gebly. Dankie.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Janine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 131

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Springstraat 5, Richmond, 7090, Noord-Kaap
  • Gaste dink Three Birds Country House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 350
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 350
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Springstraat 5, Richmond, 7090, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAOgifIs0m7j9XHOAbEeZ7sd92OhnyeWOIO2dN2FTBhHWmCYESQN?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 350 per nag, vir 2 mense 131 5 1 5 5 Spring Street Richmond 7090 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -31.412053574348 23.948758291996

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang