Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Seepampoentjie

Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rocket-singel 6, Britannica Heights, St Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Vanaf R600 R540 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Seepampoentjie kyk uit oor die hawe en bied gerieflike selfsorgverblyf in Britannica Heights, St Helenabaai. Dit is op 'n residensiële eiendom geleë waar die eienaars woon en dit bied 'n panoramiese uitsig oor die see en die hawe.

Die eenheid het 'n privaat ingang en bied slaapplek aan 2 mense. Die woonstel is ingerig met 'n koningingrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Gerieflikheidshalwe word linne en badhanddoeke voorsien, en gaste moet asseblief hul eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuisie is toegerus met 'n ketel, tweeplaatstoof en oond, 'n mikrogolfoond en 'n yskassie. Vriesgeriewe kan gereël word. Etes kan by die etenstafel geniet word, en die eenheid is toegerus met 'n TV met 'n volledige keuse van DStv-kanale. WiFi-toegang is ook beskikbaar.

Die leefarea maak oop op die stoep met braaigeriewe met uitsigte oor die see en hawe. Veilige parkeerplek is beskikbaar agter 'n hek vir 'n voertuig.

Seepampoentjie is naby plaaslike strande, winkels, restaurante en die hawe en sowat 10 km vanaf die gewilde Golden Mile en Shelly Point Gholfbane. Gaste kan op die strand ontspan, en tussen Augustus tot November na die walvisse en kalwers in die baai kyk. In die lente kry die omgewing lewe met die bloeiende veldblomme.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort-oor-bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 88 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Tamlyn L
Saam met lewensmaat
5.0
I loved it. The best! I will go again.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2025
Frank D
Saam met lewensmaat
5.0
Best choice for Sant Helena Bay. A big room with the best view of the sea and harbour. A well-equipped kitchen. A comfortable bathroom....
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2025
Pieter V
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was net 'n fees. Dit is die mooiste plek met die asemrowendste uitsig oor die hawe. Baie goed toegerus met alles wat jy mag nodig kry. Elmarie was...
Sien meer
Jan 2025
Alberto L
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasies. Wow wat a great plek net om so bietjie af te skakel van die besige lewe. Was regtig baie rustig en Tannie Elmarie was 'n briljante gasvrou.
Nov 2024
Louis V
Saam met lewensmaat
5.0
Het uitsig en braaiplek baie geniet. Sal beslis weer daar bly en aanbeveel. Het baie lekker gebly. Skoon, netjies, gerieflik aan alles wat mens nodig ...
Sien meer
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Elmarie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 88

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Rocket-singel 6, Britannica Heights, St Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
  • Gaste dink Seepampoentjie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R600
R 600 R 540
per nag (plek vir 2)
Vanaf R600
R 600 R 540
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rocket-singel 6, Britannica Heights, St Helenabaai, 7390, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA186475f6fd3ea12ae72789e89ffad9a882c2e3684583fd389a671052751cd17523bc0432705ad85913bca2d35224b0b6f381?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R600 nouVanaf R540 per nag (plek vir 2) 88 5 1 5 6 Rocket Crescent Britannica Heights 7390 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.753929 18.0158073

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang