Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Sea Breeze No. 5

Selfsorg
  • Kapasiteit: 7 persone
    5 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Voortrekkerstraat 20, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 7)

Beskrywing

Sea Breeze No. 5 is 'n selfsorgwoonstel in Lambertsbaai, 'n rustige vissersdorpie aan die Weskus, sowat 2,5 uur se ry vanaf Kaapstad. Die eenheid is in 'n kompleks met ander eenhede geleë.

Dié woonstel op die boonste verdieping bied slaapplek aan 5 volwassenes en 2 kinders in 3 slaapkamers. Daar is 2 slaapkamers met 'n dubbelbed in elk en die derde oopplan-slaapkamer met 1 enkelbed en 'n stapelbed. Die badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet.

Besprekings van tot 6 volwassenes en 1 of 2 kinders is welkom indien dit voor bespreking gereël word. Neem asseblief kennis dat die maksimum volwassenes wat hierdie eenheid kan akkommodeer 6 is.

Die woonstel beskik ook oor 'n oopplan-kombuis en -sitarea. Die kombuisarea is goed toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n tweeplaatstoof met 'n oondjie, yskas-vrieskas en mikrogolf. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met 4 stoele. Die sitarea bied gemaklike sitplek en TV met sekere plaaslike kanale. Buite is daar 'n onderdakbalkon met braaigeriewe en 'n uitsig oor die see. Daar is ook 'n tafel en 6 stoele.

Die woonstel is ideaal geleë binne 'n kort afstand vanaf die strand, plaaslike winkels en restaurante.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Kinderstapelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
DStv
Braai

Resensies

3.9/ 5

Gebaseer op 6 resensies

Goed

Netheid
4.0
Ligging
3.7
Waarde vir geld
3.8
Diens
4.0
Veiligheid
4.2

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Helga Geverifieer

Eiendomme 11

Resensies 451

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Voortrekkerstraat 20, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
  • Gaste dink Sea Breeze No. 5 het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 500
per nag (plek vir 7)
Vanaf
Vanaf R 2 500
per nag (plek vir 7)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
    5 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Voortrekkerstraat 20, Lambertsbaai, 8130, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAec72ba90722ec304b9191b7b7ba9550ec7b9cb1285c75c4185d393f1aa2f92107545cdcab129f7ed655162b86e54bd00001c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag (plek vir 7) 6 5 1 4 20 Voortrekker Street Lamberts Bay 8130 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -32.096661 18.3034329

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang