OR Tambo Self Catering Apartment 91
Kry 10% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Viewpoint-weg 97, Bardene, Boksburg, 1459, Gauteng
-
Tydelik onbeskikbaar
Beskrywing
OR Tambo Self Catering Apartments 91 is 'n volledig gemeubileerde selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Boksburg, naby Johannesburg. Die kompleks is ideaal geleë minder as 10 km vanaf O.R Tambo Internasionale Lughawe.
Dié woonstel op die grondvloer, met 'n privaat tuin, beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Albei slaapkamers is ingerig met 2 enkelbeddens. Die hoofslaapkamer beskik oor 'n en suite-badkamer met bad en handstort, wasbak en toilet. Die tweede kamer het toegang tot 'n aparte badkamer met 'n stort, wasbak en toilet.
Die oopplan-leefarea het 'n etenstafel met sitplek vir 4 en die sitkamer het 'n TV met DStv-kanale. Die eenheid is toegerus met gratis WiFi. Hierdie volledig ommuurde kompleks bied 24-uur-sekuriteit en veilige, onderdakparkeerplek vir voertuie. Die fiksheidskamer, klubhuis, braai-area en swembad op die perseel is gratis beskikbaar vir gaste se gebruik.
Die kompleks is ook ideaal geleë naby die East Rand Mall, restaurante, Wild Waters Park, Emperors Palace, en ander geriewe en besienswaardighede binne 'n radius van 10 km. Die kompleks is minder as 1 km vanaf die Birchwood-konferensiesentrum.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Dave & Delene Geverifieer
Eiendomme 12
Resensies 31
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Viewpoint-weg 97, Bardene, Boksburg, 1459, Gauteng
Sien meer verblyf in Bartlett Bardene Boksburg Johannesburg Gauteng
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Viewpoint-weg 97, Bardene, Boksburg, 1459, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang