Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ocean View 163

Selfsorg
Spesiale Aanbod 10% af

Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 24 Feb 2025 tot 17 Mrt 2025.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ocean View-rylaan 163, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 814 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Ocean View 163 is 'n lieflike selfsorghuis in Struisbaai, net 'n hanetreetjie van die strand af en met pragtige uitsigte oor die see.

Dié ruim huis beskik oor 3 slaapkamers en 'n oopplan-leefarea met 'n volledig toegeruste kombuis en 'n sitkamer, asook 'n tweede sitarea. Die hoof- en tweede slaapkamers is elk ingerig met 'n dubbelbed terwyl die derde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Daar is 2 badkamers in die huis, waarvan een 'n en suite-badkamer is terwyl die ander deur die tweede en derde slaapkamers gedeel word.

Die kombuis, wat 'n yskas-vrieskas-kombinasie, stoof, oond, eetgerei, breekware en aparte opwaskamer het, lei na 'n eetarea en 'n sitkamer met 'n ingeboude kaggel. Skuifdeure lei uit hierdie sitkamer na 'n patio. Die tweede sitarea bied 'n pizza-oond, pooltafel en TV. Gaste is welkom om hul eie dekodeerder en slimkaart saam te bring vir DStv-kyk.

Die patio het 'n groot ingeboude braai-area met skouspelagtige uitsigte oor die see. Daar is 2 motorhuise beskikbaar vir gaste vir ekstra gemoedsrus asook 'n omheinde tuin wat veilig is vir kinders om in te speel. Ons spyt, troeteldiere word nie toegelaat nie.

Struisbaai is 'n oulike vissersdorpie in die Overberg-streek van die Wes-Kaap. Gaste kan die talle watersportsoorte geniet waarvoor die area bekend is, soos kajakvaart en vlieërvaart. Besienswaardighede in die area sluit die Agulhas Nasionale Park, Spookdraai-staproete en Waenhuiskransgrot in.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

6

2 x Enkelbed / Driekwartbed

2 x Dubbelbed

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
TV
Volledige kombuis
Kaggel
Braai

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.2/5

Sanelle Geverifieer

Eiendomme 62

Resensies 60

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Ocean View-rylaan 163, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 814
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 2 814
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ocean View-rylaan 163, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA234de3afbd8f15d45ccac8c4c683c5e9d35b2474df2d4e025d58b35d6fa8070df85c2c196bd5c5fa7675e56fa07bdf9ea26c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 814 per nag (plek vir 6) 163 Ocean View Drive Struisbaai 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.81213 20.033892

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang