Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Green Willows Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 11a Mill Steeg, , Hartbeespoort, 2016, Noordwes
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Green Willows Guest House bied gastekamers en is in Skeerpoort, Hartbeespoort geleë. Ideaal vir gaste wat op soek is na 'n gerieflike oornagplek, naby Hartbeespoortdam en ander besienswaardighede.

Verblyf by Green Willows Guest House bestaan uit 5 eenhede wat uniek en smaakvol versier is. Hierdie kamers is ingerig met óf 2 enkelbeddens óf 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n en suite-stort, wasbak en toilet. Ander geriewe wat by hierdie kamers ingesluit is, is waaiers, 'n mikrogolfoond, 'n yskassie asook tee- en koffiemaakgeriewe. Al die kamers het ook 'n privaat patio.

Ontbyt en ander heerlike etes kan vooraf bestel en afgelewer word by Die Ou Pastorie, 'n plaaslike restaurant wat naby die eiendom geleë is.

Die gastehuis beskik ook oor 'n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe kan ook vir gaste gereël word. Veilige parkeerplek is beskikbaar vir voertuie, agter afstandbeheerde hekke.

Green Willows Guest House is naby Van Gaalen Kaasplaas en bergfiets- en voetslaanroetes, Red Ivory, Green Leaves en ander trou-venues, ritslyn- en valskermsweeftoere, lugballonvaarte en vele ander besienswaardighede in die area geleë.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Swembad

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 55 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Zelda And Christo B
Saam met lewensmaat
5.0
Gasvrye personeel wat jou sommer baie tuis laat voel. Pragtige plekkie. So rustig, dit voel of jy in 'n ander land is.
Feb 2025
Kay-lee M
Saam met lewensmaat
4.8
Baie lekker. Baie lekker gebly. Verkies net 'n aircon.
Feb 2025
Carina L
Saam met lewensmaat
4.4
Was 'n heerlike oornag wegbreek uit die stad. Heerlik gebly. Was wel koud en 'n elektriese kombers of verwarmertjie sou help om die temperatuur bietji...
Sien meer
Jul 2024
Kobie V
Saam met lewensmaat
4.4
Netjies. Rustige atmosfeer. Alles was daar wat ons nodig gehad het. Gasvrou baie vriendelik.
Jun 2024
Candi J
Saam met lewensmaat
4.4
Lovely establishment, very simplistic with quiet surroundings. Amazingly tranquil and serene. We really enjoyed our stay and would defi...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Deirdre Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 57

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 11a Mill Steeg, , Hartbeespoort, 2016, Noordwes
  • Gaste dink Green Willows Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 11a Mill Steeg, , Hartbeespoort, 2016, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGI5MDA3OWIxLWRkNDctNDM1My1iYjFkLTc1ODhiMTM5ODcxYQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2) 55 5 1 5 11a Mill Lane Skeerpoort 2016 Noordwes 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -25.781341303845 27.764987349474

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang