Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ghanneghoet

Selfsorg
Weeksdagaanbod 10% af

Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 24 Mrt 2025 tot 27 Nov 2025.

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Retief-straat 34, Gouritsmond, 6696, Wes-Kaap
  • Vanaf R850 R765 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Ghanneghoet is 'n knus selfsorg vakansie-eenheid met 'n privaat ingang op die eienaar se eiendom wat in die hartjie van Gouritsmond geleë is. Dit is 'n ideale opsie vir 'n naweekwegbreek aangesien hierdie eiendom net 'n hanetreetjie van die getypoel en swemstrand af is.

Dié kothuis bied slaapplek vir altesaam 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. 'n Stort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Alle linne word voorsien; gaste moet egter hul eie handdoeke saambring.

Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat toegerus is met 'n tweeplaatstoof met 'n mini-oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Dié spasie het ook 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Buite is 'n privaat patio met sitplek en 'n draagbare braai wat 'n wonderlike plek is vir gaste om te ontspan.

Gaste kry veilige straatparkeerplek.

Troeteldiere (slegs klein hondjies op spesiale versoek)

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Ligging

  • Retief-straat 34, Gouritsmond, 6696, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R850
R 850 R 765
per nag (plek vir 4)
Vanaf R850
R 850 R 765
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Retief-straat 34, Gouritsmond, 6696, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0ba97db657c69b9f3b0b2b4665fcaf6a01c73c73a4d49fdc500926a936ff40b62b71fad4ab12407f66354f998c35647c1212?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R850 nouVanaf R765 per nag (plek vir 4) 34 Retief Street Gouritsmond 6696 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.353879889412 21.87715960454

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang