Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Firdale Mews 5

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 14:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Firdaleweg 5, Firdale Mews 5, Seepunt, 8005, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 527 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Firdale Mews 5 is 'n lieflike selfsorgvakansiewoonstel in 'n veilige kompleks in die hartjie van Seepunt, Kaapstad. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n gesinswegbreek aan die kusgedeelte van die Moederstad.

Dié woonstel bied gerieflike slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en maak gebruik van die tweede badkamer wat 'n bad en 'n stort het. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n skottelgoedwasser. Vanuit hierdie kombuis lei 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n platskerm-Slim-TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Hierdie leefarea maak oop op 'n balkon met 'n tafel en stoele wat 'n wonderlike plek is vir gaste om 'n skemerkelkie en gehaltetyd saam te geniet. Daar is 'n tweede balkon met sitplek waar gaste 'n oggendkoffie kan geniet terwyl hulle die pragtige uitsigte bewonder.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Baie goed

Netheid
3.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Host Geverifieer

Eiendomme 100+

Resensies 725

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Firdaleweg 5, Firdale Mews 5, Seepunt, 8005, Wes-Kaap
  • Gaste dink Firdale Mews 5 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 527
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R 1 527
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 14:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Firdaleweg 5, Firdale Mews 5, Seepunt, 8005, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd14fad2fbdd60aa52be275ef5c795fb4650704bb8d8fc9aef2263c63a67de87944a9c5bb3e397e8a1df29187103b69467433?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 527 per nag, vir 4 mense 1 5 1 5 5 Firdale Road 5 Firdale Mews 8005 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-14:00 10:00 -33.916372751286 18.394608155596

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang