Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Dilisca Guesthouse

Gastehuis
  • Kapasiteit: 32 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pionierstraat 2, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Dilisca Guesthouse is 'n lieflike 4-ster gastehuis in Durbanville, Kaapstad. Gaste het 'n keuse om 1 van die 13 individueel versierde kamers te bespreek: Standaard-, Luukse-, Gesins- of Executive Kamers. Die gastehuis het boorgatwater en alternatiewe sonenergie.

Al die kamers het lugversorging en gemeubileer met perkallinne. Elkeen van die kamers het ook 'n haardroër, 'n TV met DStv-kanale, 'n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n lessenaar asook gratis hoë-gehalte WiFi. Die kamers word daagliks skoongemaak en veilige parkeerplek word voorsien.

7 Standaardkamers kan uit 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed bestaan en het 'n en suite-badkamer. 4 Luukse kamers is ingerig met 'n koningin- of koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer (1 het 'n bad), mikrogolfoond en 'n privaat patio.

1 Gesinskamer het 'n koninggrootte- sowel as 'n enkelbed met 'n en suite-badkamer. Dit het al die afwerkings soos ons luukse kamers. Die kamer het ook 'n privaat patio.

Die Executive Kamer bied 'n volledige ruim badkamer, instapkaste, koningingrootte-bed en 'n aparte leefarea met binnebraai.

Ontbyt is by die restaurant beskikbaar, en wegneem-ontbyt of middagete kan gereël word. Dilisca Guesthouse bied aandete op versoek as kamerdiens, of kleingroepfunksies vir gaste.

'n Verskeidenheid besienswaardighede en doendinge kan in die area gevind word soos gholfspeel by Durbanville Gholfbaan, of 'n entjie verder soos Tafelberg, die V&A Waterfront en Akwarium, Kirstenbosch en die verskeie wynplase in en om Kaapstad. Die gastehuis is net 5 minute se ry vanaf 2 groot Mediclinic privaat hospitale.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Wasgoeddiens
Ontbyt beskikbaar
Toeganklik vir kosaflewerings-apps

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 129 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Tina M
Saam met vriende
5.0
Dit was heerlik. Baie aangename eienaar. Kamers is stylvol met alles wat mens sou mag nodig kry. Uitstekend!
Feb 2025
Melanie V
Gesin met tieners
5.0
Was rustig en almal was vriendelik. Baie lekker gebly.
Jan 2025
Carike R
Saam met lewensmaat
5.0
Lieflike verblyf met uitstekende diens. Ons bly elke keer by Dilisca met ons vakansie in die Kaap. Die standaard is absoluut van boonste gehalte. Van ...
Sien meer
Des 2024
Issabella M
5.0
Rustig en netjies. Ons het in 'n gesinseenheid gebly, dit was netjies, met baie spasie! Ons was vir 2 nagte by Dilisca, maar sou heerlik vir 'n lang v...
Sien meer
Des 2024
Karin F
5.0
Vriendelike ontvangs, behulpsaam en netjiese kamer. Het heerlik gebly, kamer ruim.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Colett Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 133

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Pionierstraat 2, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
  • Gaste dink Dilisca Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 32 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pionierstraat 2, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAY5FfDIDKkMshJr4rTOhF8jcT7TOpPp9n555C9EgNwI1GrsJM8U?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 129 5 1 5 2 Pioneer Street Durbanville 7550 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.834694444444 18.670888888889

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang