Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

DeVosRus Gastehuis

Gastehuis
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Stinkhoutstraat 14, Kathu, 8446, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 250 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

DeVosRus Gastehuis is in 'n rustige woonbuurt van die stil dorpie Kathu in die Noord-Kaap geleë. Daar is geen beurtkrag by die gastehuis nie. Die verblyf is ideaal vir sakereisigers of as 'n oornagplek op reisigers op pad na Namibië, Botswana, Kgalagadi of Augrabies.

Die verblyf bestaan uit 6 kamers, 3 van die 6 kamers het slegs 'n dubbelbed en die ander 3 kamers beskik elk oor 'n dubbelbed en 'n driekwartbed. Sommige kamers het 70-duim-slim-TV's en gaste kan hul eie Netflix- of Showmax-rekeninge gebruik. Al die kamers beskik oor en suite-badkamers met 'n stort, toilet en wasbak. Elke kamer is toegerus met lugversorging, gratis onbeperkte WiFi (met ekstra roeteerders) en 'n platskerm-TV met volledige DStv. Daar is ook 'n groot yskas en mikrogolf, tafels en stoele. Elke eenheid het sy eie geiser asook 'n waterversagter.

Daar is onderdakparkeerplek voor elkeen van die kamers wat deur kringtelevisiekameras gemonitor word. Die parkering is ook nie van die straat af sigbaar nie.

Gaste het ook toegang tot die swembad van 11 m. Natuurliefhebbers kan die 80 000 liter Koi-dam bewonder.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
WiFi
Wassery naby
Wasgoeddiens
Swembad
Toeganklik vir kosaflewerings-apps

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 60 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Divan S
Besigheidsreis
5.0
Onspannend, gemaklik, bederf. Een van die lekkerste plekke wat ek al gebly het.
Feb 2025
Wayne M
5.0
Peaceful and felt at ease. Hostess was very friendly and delivered excellent service. Will definitely recommend this guesthouse to anyo...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2025
Johan D
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker plek. Baie lekker gebly, skoon, netjies en vriendelik.
Des 2024
Corrie P
Saam met lewensmaat
5.0
Sal weer terugkeer na DeVosRus. Lekker geslaap by DeVosRus Gastehuis. Baie netjies en 'n lekker ruim kamer.
Aug 2024
Rakesh M
5.0
Wow. It was really great. The hosts were fantastic.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Arista Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 60

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Stinkhoutstraat 14, Kathu, 8446, Noord-Kaap
  • Gaste dink DeVosRus Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 250
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 250
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Stinkhoutstraat 14, Kathu, 8446, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe1a3d9bbbea7694d385c5e2accdd0486b01804ed1bd1be0b06f8b42a18f4f132860eba9161b408c539698e17e7287575b2d5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag, vir 2 mense 60 5 1 5 14 Stinkhout Street Kathu 8446 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 09:00 -27.687808553467 23.044001475009

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang