Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Crocodile Kruger Safari Lodge

Wildsplaas
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Krokodilweg 442, Marloth Park, 0174, Mpumalanga
  • Vanaf R1 690 per nag (plek vir 3)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Crocodile Kruger Safari Lodge is in Marloth Park-natuurreservaat op die oewer van die Krokodilrivier geleë met asemrowende uitsigte oor die Krugerwildtuin en sy wild. Die lodge is slegs een uur se ry vanaf die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe en ongeveer 20 minute vanaf die naaste toegangshek na die wêreldbekende Krugerwildtuin geleë.

Verblyf-opsies sluit in 6 en suite-lugversorgde dubbel- of 2-enkelbedkamers asook 'n 2-bed en 'n 6-bed selfsorg-eenhede. Die River Room bied skouspelagtige uitsigte oor die Krokodilrivier en die Krugerwildtuin. Die luukse kamers kan op 'n aandete-en-ontbyt-basis bespreek word met maaltye wat el fresco onder die Afrika-lug op die swembaddek bedien word met die geluid van leeus wat uit die Krugerwildtuin brul en die seekoeie uit die Krokodilrivier as agtergrondvermaak.

Die lodge bied nou ook opwindende boma-aande aan waar die ware gees van Afrika ervaar kan word. Gaste kan ware Afrika-gasvryheid en kookkuns in ons groot boma geniet op die ritme van Afrika-tromme.

Gaste van Crocodile Kruger Safari Lodge kan wildritte vir oop wildvoertuie bespreek wat deur 'n ervare gids in die wêreldbekende Krugerwildtuin gehou word, om wild van naby te sien. Selfry-opsies kan ook met groot gemak vanaf die lodge gedoen word as gevolg van sy nabyheid aan beide Malelane- en Krokodilbrug-ingangshekke na die Krugerwildtuin. Oornag-safari's in die Krugerwildtuin is ook vanaf die lodge beskikbaar, asook verskeie ander reise na die streek se talle toeriste-aantreklikhede.

Bring jou bergfiets en geniet die maklike roetes langs die rivieroewers of die bos in waar wilde diere teëgekom kan word vir 'n onvergeetlike ervaring. 'n Boswandeling binne die reservaat bring jou siel na aan die natuur.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Wildritte
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 23 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.5
Veiligheid
4.5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

ABRI Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 23

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • Krokodilweg 442, Marloth Park, 0174, Mpumalanga
  • Gaste dink Crocodile Kruger Safari Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 690
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R 1 690
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Krokodilweg 442, Marloth Park, 0174, Mpumalanga
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0eVwyaf8G93qBl0kyATAkswjhHQ5g0Q9twOOJT3M2OY0gXK7Fn?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 690 per nag (plek vir 3) 23 5 1 5 442 Crocodile Road Marloth Park 0174 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.37852 31.75864

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang