Geverifieerde Resensie
Vryburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Vryburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.3 uit 5 gekry volgens 161 resensies.
"Lock your doors when traveling through town. One of the couples in our group had there door opened and youngster attempted to steal a cell phone from the passengers hand."
"Ons het by Fishaways hul family pak van 4 vis en chips met rys en calamari met uie ringe gehad vir R199.90 sal dit enige tyd aanbeveel. Baie lekker gewees."
"Maar soos enige ander Klein dorpie. Nie baie netjies. Naar as jy daar moet oornag. Daar is baie netjiese lekker gastehuise. Game view lodge beslis."
"Nie die mooiste dorp nie, maar die ligging op pad Noord-Kaap toe maak dit ‘n goeie stop."
"Dit was vir ons 'n gerieflike afstand vanaf Newcastle op pad na Namibië. Ons het lekker by Ocean Basket geëet. Wees net versigtig vir swaar voertuie wat deurgaans deur die dorp ry."
"Vryburg is nie 'n toeriste bestemming nie, maar eerder 'n oorbly plek tussen PTA/JHB Namibië of Botswana toe, of ideaal geleë vir mense wat in die area moet kom werk."
"Vryburg is 'n perfekte oorslaaparea tussen Gauteng en die Noord Kaap en Kgalagadi. Vriendelike mense en baie lekker gekuier."
"Baie mooi omgewing as jy van hierdie scenario hou. Die dorp is verbasend "by" met al die bekende handelsname."
"Vryburg is maar bietjie vervalle, maar dit is deesdae die geval met alle plattelandse dorpies."
"Gevaarlik om net enige plek te parkeer. Mense is heeltyd om jou kar. Voel onveilig in die strate en by die winkels. Mense probeer jou deure oopruk as jy stop by die rooi verkeersligte. Ons is verskeie kere gewaarsku oor grypdiewe wat jou handsak, beursie en selfone gryp en ook oor inbrake in karre as jy iewers parkeer."
"Interesting countryside but the town, like many others, has become somewhat shabby."
"Die dorp kom ongelukkig heelwat verwaarloos voor en die hoofstraat is nogal baie vuil en vol rommel. Dit was 'n baie mooi dorp, maar sal nie baie toeriste kry as dit aan die agteruitgaan is nie."
"Ons het nie baie veilig gevoel in die hoofstraat toe ons gaan eet het die aand."