Geverifieerde Resensie
Vredendal
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Vredendal bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 35 resensies.
"Vredendal het ons aangenaam verras! Baie mooi skoon dorpie. Besoek ook gerus 'The Grape Vine' restaurant (vir die beste kos met styl, die beste steaks wat ons in jare geëet het en puik diens), 'Maskam Brewery Co.', en die kwekery, dié plekke kan ons beslis aanbeveel. "
"Het dit in die winter beleef, dink dit is pragtig in die somer as al die wingerde groen is."
"Was nie lank genoeg daar om iets te sê oor Vredendal nie. Ons het net een aand daar geslaap."
"Mooi dorp. Die wingerde is asemrowend en die kanaal is 'n ingeneurswonderwerk. Vriendelike mense. Die wynproelokale in die omgewing is 'n lekker bate."