Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Kaart

Geverifieerde Resensie

Vrede

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Vrede bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.5 uit 5 gekry volgens 30 resensies.

Vrede

Vrede Hotel

"Die dorpie het baie agteruit gegaan, maar dit was 'n gerieflike oornagplek vir ons reis."

Vrede

Vrede Hotel

"Vrede se inwoners is baie vriendelik en 'n mooi plattelandse dorpie om rustig te oornag."

Vrede

Vrede Hotel

"Misdaad vier hooggety in die dorp en volgens die inwoners word motordiefstal en inbraaksake nie eers meer ondersoek nie aangesien die polisie daaraan meedoen en die misdadigers beskerm. Misdaad is ongelukkig meer skadelik as staatskaping aangesien misdaad die instrument is waarmee ekonomiese kaping uitgevoer word en dit is veel meer brutaal met langdurige gevolge wat bitter moeilik omgekeer word. Die hoeveelheid bouvalle, die swak toestand van al die strate, infrastruktuur oor die algemeen is kommerwekkende indikators en besighede word onteenseglik negatief geraak."

Vrede

Vrede Hotel

"As daar loadshedding is, is daar geen sein nie."

Vrede

Gibson Place

"Lovely place with lovely people!"

Vrede

Draai-Ma-In

"As dit beurtkrag is, kan jy niks koop met 'n kaart nie en jy kan ook nie geld trek nie. Vat baie kontant!"

Vrede

Langberg Events

"Dorp is niks om oor huis toe te skryf nie, maar daar is mooi plekke naby aan die dorp om te verken."

Vrede

Vrede Hotel

"Die rommelbestrooide strate en die algemene verval van die padoppervlakte is 'n jammerte. Dit kon egter niks wegvat van die Vrystaatse Gasvryheid en bekoring van die natuur tonele uniek aan die riemland nie."

Vrede

Vrede Hotel

"Vrede was once the most beautiful town in the Freestate. Perhaps travellers can look and find that same beauty again but it will be hard."

Vrede

Gibson Place

"Die pad is amper onbegaanbaar (en jy moet uitkyk vir die beeste in die pad!). Dit kon op 'n tyd 'n pragtige klein dorpie gewees het, maar die agteruitgang is sigbaar. Die hotel se restaurant het ten minste heerlike etes!"

Vrede

Draai-Ma-In

"Erg om die toestand van die paaie te sien."

Vrede

Langberg Events

"Klein dorpie wat kan voorsien aan die nodigste behoeftes. "

Vrede

Vrede Hotel

"Paaie is baie sleg."

Vrede

Gibson Place

"Mooi kerk."

Vrede

Vrede Hotel

"Die agteruitgang van die pragtige ou dorpie is opmerklik en hartseer, maar die regering en plaaslike munisipaliteit is hiervoor te blameer."

Vrede

Vrede Hotel

"Baie rustige area met vriendelike plattelandse atmosfeer."

Vrede

Gibson Place

"A small town with little to it but charming and with surprising features."

Vrede

Vrede Hotel

"Lekker wegbreeknaweek vir volwassenes. Kinders gaan dalk verveeld wees. Perfekte oorstop op pad kus toe. Besoek gerus Môreson Ranch om die hoekie om kinders gelukkig te hou."

Vrede

Vrede Hotel

"Jammer dat die plattelandse dorpies so agteruitgaan."

Vrede

Vrede Hotel

"Die dorp is bietjie vervalle. Die omgewing om die dorp is mooi en 'n besoek werd. Die gholfbaan was 'n aangename verrassing! "

Vrede

Vrede Hotel

"Lekker-lekker."

Vrede

Vrede Hotel

"Baie mooi omgewing."

Vrede

Vrede Hotel

"Die munisipaliteit het die dorp laat verwaarloos. Die paaie is sleg. "

Vrede

Vrede Hotel

"Plattelandse dorpies het hul eie bekoring. Gaan krap en loop rond in al die winkeltjies en omgewing. Soek en jy sal iets vind wat jou laat tiek."

Vrede

Gibson Place

"Like so many small town in the countryside, the town goes down hill with every year that passes. We did not feel comfortable to stop anywhere and decided to push on to Heidelberg instead."

Vrede

Gibson Place

"Die hotel in die dorp bied ongelooflike disse en is baie deftig. Dis net jammer dat die rommel orals gestrooi lê wanneer jy in Vrede aankom."

Vrede

Langberg Events

"Pragtige plekkie, die dorp se paaie kort net die bietjie aandag."

Vrede

Vrede Hotel

"Die dorp is skoon en redelik stil. Ons was te kort daar om baie van die omgewing te kon sien."

Vrede

Langberg Events

"Vir die persoon wat wil wegbreek van die gewoel van die stad bring Vrede voorwaar vrede in jou gemoed."

Vrede

Langberg Events

"Klein dorpie. Eagles pub is 'n goeie plek om die rugby te gaan kyk en iets te eet. Leeu plaas naby is 'n besoek werd."

Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang