Geverifieerde Resensie
Vosburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Vosburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 119 resensies.
"Vosburg 'n spesifieke destinasie vir ons. Dit was die eerste hotel waarin ek geslaap het 44 jaar terug. Ek het spesifiek ons vakansie daarom gereël."
"Baie mooi skoon en stil omgewing. Miskien sal meer inligting oor die dorp en omgewing bydrae om dit meer aantreklik vir dag-toeriste te maak. Die Britstown-Vosburg-Carnarvon-Williston-Calvinia roete bied 'n goeie alternatiewe roete tussen Gauteng en die Wes-Kaap, met Vosburg goed geleë vir oornag."
"Onthou alles is toe oor 'n naweek, maar dis heerlik om rond te loop en met die vriendelike inwoners te praat! "
"Dit is 'n klein dorpie maar oral is ons baie vriendelik en met belangstelling deur die inwoners ontvang."
"Baie rustige dorpie, maar onthou daar is geen winkels, banke ens nie. Ideaal vir rustige oornagverblyf weg van die gewoel van 'n groter dorp."
"Hierdie Karoodorpie is totaal onderskat. Die mense is van die vriendelikste in die wêreld en die dorp is netjies en daar is so baie bome dat dit soos 'n oase lyk. Die kerk is een van die mooiste geboue wat ons nog in al die dorpe gesien het en die inwoners van die dorp is woelig en betrokke. "
"Pragtige en rustige Karoo dorpie, ideaal vir mense wat wat van stilte en rustigheid hou."
"Baie rustige dorpie met heelwat karakter en karakters. Sou graag daar wou aftree eendag."
"'n Stil, rustige en skoon dorpie. Gestap en fietsgery in stil, boomryke strate. Heerlik kondensmelk koffie geniet en gesels by Erika se koffiewinkel en lekker ontbyt by Die Ketel. Absoluut die moeite werd om te besoek!"
"'n Pragtige skoon en netjiese dorpie! Die dorp het 'n bekoring van sy eie en die inwoners is so vriendelik!"
"'n Vreeslike oulike, stil en rustige plekkie, een van die netjieser Karoo-dorpies."
"Die dorp is besig om 'n hernuwing te beleef, pragtige ou geboue, huise en die mooiste kerk. Dit is 'n ware Karoo juweel, maar redelik onbekend."