Geverifieerde Resensie
Vosburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Vosburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 119 resensies.
"Vosburg is 'n skoon en baie netjiese Karoodorp wat goed in stand gehou word."
"'n Afgeleë dorpie wat meer toeriste behoort te besoek vir wat die natuur ( plantegroei) bied."
"No shops open on a Sunday and no petrol available either.(local farmers co-op) Britstown nearest petrol station."
"Sorg net dat jy genoeg brandstof het om op die volgende dorp te kom. Daar is net sekere tye brandstof beskikbaar op Vosburg. Baie klein dorpie, maar so rustig en veilig."
"Hiér is dit nog stil, en het mense tyd vir mekaar en verbygangers. Pragtigste skoon klein dorpie, baie goed onderhou."
"Vosburg is 'n baie klein Karoo-dorpie. As jy rus en vrede soek is dit die plek vir jou."
"Puik ou boeregemeenskap met kultuur wat ons nie moet misry nie. Moet beslis besoek word."
"Piepklein, skoon en netjies. Bitterlik min mense wat daar woon, en het ons feitlik niemand in die strate gesien nie. Absoluut doodstil."
"Slegs oornag en nie geleentheid gehad om die dorp te verken nie. Hou van die rustigheid."
"Dit is een van die groenste en pragtigste dorpies in die Karoo en ek ry hom nie graag mis nie."
"A lovely little town. The hotel was the only place open to eat (26 December), and it was quite expensive, but very good food."
"Oulike dorpie om in te oornag, maar nie om vakansie te hou nie. Niks om te doen nie."
"Pragtige, stil klein dorpie. Min tot geen verskeidenheid van slaapplek en eetplek."
"Heerlike Karoo-atmosfeer in die dorp en vriendelike mense. Allervreeslikste lekkerste kos by die restaurant geniet! Ongelooflike sterre snags. Heelwat om te sien rondom die dorpie, maar hier is alles oor rus en vrede en lafenis vir jou siel."
"Aangenaam verras deur die dorpie. Beter as baie van die klein dorpies wat baie meer publisiteit kry."
"Ongelooflike juweeltjie van 'n restaurant. Die vriendelikste mense! Karoo sterrenag ongelooflik."