Verified Reviews
Van Riebeeckstrand
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Van Riebeeckstrand
Rated 4.5 out of 5 based on 43 reviews.
"Lekker seedorpie met wonderlike restaurante, naby genoeg aan Kaapstad maar ver genoeg om die rustigheid van die area te ervaar."
"Dit was so mooi om mense met hulle honde op die strand te sien loop. Dit is puik."
"Dit lyk nie vir my soos 'n swemstrand nie, maar dit is baie mooi met uitsigte oor Robbeneiland en Tafelberg. Ek vermoed my kinders sal nie van die rustigheid hou nie."
"Die opeenhoping van besope mense in die omgewing van OK Foods is jammerlik en jaag beslis mense weg. Die strand op sigself is lieflik met heerlike lang en oop stapbare strande."
"Nét die plek om 'n lang rustige stap langs die see te geniet. "
"Riebeeckstrand self is maar meestal 'n residensiële area, so dit is dalk minder geskik vir mense wat hou van baie winkeltjies en restaurante. Melkbosstrand is wel baie naby, en met die puik busdiens kan mens eintlik maklik enige plek heen gaan van daar af. Dit is meer bekostigbaar as ander dele van die Weskus, en die strande is baie skoon en stil. "