Geverifieerde Resensie
Umdloti
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Umdloti bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 178 resensies.
"Restaurants in the area are excellent! Well contained small town, away from the hustle and bustle!"
"Báie beter as Umhlanga of Ballito. Nie so 'n vertrapping van mense nie. Skoon en veilige dorpie. Sal beslis weer daarheen gaan."
"Dis net jammer die krag was vir 20 ure aaneen af. Dit sal ook lekkerder wees as daar nie meer waterbeperkings is nie."
"Umdloti se omgewing is skoon en die strand is veilig. Die strand is ideaal vir gesinne. Geriewe soos supermarkte en restaurante is binne loopafstand. Ander strande met groter winkelsentrums en vermaak is ook maklik bereikbaar. Umdloti is perfek vir 'n luilekker seevakansie. Daar is net genoeg vakansiegangers sonder die oorvol gejaagdheid. "
"Die munisipaliteit het alle visvang op die strand verbied vir die meerderheid van die dag. Daar is net twee ure in die vroeë oggend en twee ure in die laat middag wat mens mag visvang."
"Ons was mal oor die klein-dorpie gevoel. Teenaan die kus en baie rustig. Ek hoop Umdloti kan altyd so intiem bly."
"'n Baie klein en rustige plekkie langs die see wat goed akkomoderend is vir al mens se benodighede. Is naby genoeg dat mens na enige van die groter plekke soos Umhlanga, Durban of Ballito toe kan gaan."
"Baie goed geleë en pragtige strande met veilige swemplek. Baie oulike restaurante in die dorp."
"Mense is baie vriendlik en aangenaam. Sal beslis weer kom. Die strande is baie skoon."
"Umdloti is AWESOME! Love taking the dogs for a quick getaway, easy access to the beach, enjoy awesome walks ... it is magic if you want to unplug & forget reality to tune into nature. Not over commercialised and love the feeling of freedom ... you can walk after dark and still feel safe. Saw young children riding their bikes and walking along the street with no adults in sight ... great to see there are places children can have a normal childhood - which isn't in a walled in estate!"