Verified Reviews
Tulbagh
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Tulbagh
Rated 4.5 out of 5 based on 412 reviews.
"Tulbacgh is 'n pragtige dorp, omring deur berge, en het 'n ryke en interessante geskiedenis. Die mense het ek baie gaaf, vriendelik en behulpsaam gevind. Afgesien van die pragtige natuurskoon, is hier pragtige, ou geboue om te besigtig; asook 'n wye verskeidenheid besondere plekke om te besoek."
"Sentraal geleë vir besoeke aan wynlande, olyflande en Ceres-vallei."
"Die dorpie is baie interessant, want dit is so geskiedkundig. Daar is genoeg wynplase om te besoek, as jy van die soort ding hou."
"Ek stel voor al die plekke kry lugreëling aangesien Tulbagh BAIE warm kan word. "
"Al die mense wat ons in Tulbagh raakgeloop het was so vriendelik en behulpsaam! Dis 'n wonderlike wegbreekplekkie!"