Verified Reviews
Transgariep
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Transgariep
Rated 4.2 out of 5 based on 1366 reviews.
"Ons was aangenaam verras met die vlak van die dam wat aansienlik voller is as ongeveer 'n jaar gelede. Die parkeerarea by die damwal was baie netjies skoon en werkers was al Sondag vroegoggend besig om by die vuilisdromme op te ruim."
"Baie min winkels. Lekker droëwors en chilli bites by die enigste slaghuis. Skoon dorp."
"We only stayed over for one night and did not explore.The fact that a police station was nearby was comforting and the shops around there was good. At the turnoff to Gariepdam, the 1 STOP facility was very extravagant with their prices."
"It was a good experience for us as we got a guided dam wall tour on the same day we arrived. "
"Fantastic stopover with lots to see and do in the area. A visit to the Gariep Nature Reserve is very enjoyable and a 4x4 is not a huge necessity."
"Bethulie is 'n outentieke Karoodorpie vol sjarme en vriendelike mense. Sit dit op jou plattelandse emmerskop-lysie!"
"Die dam self was 'leeg' gewees en die omliggende area was verlate. Ons het een dag gegaan na die Forever Resort in Gariep, en was die enigste gaste in die resort. Dit het gelyk soos 'n spookdorp. Ons het gewag vir die zombies om hulle verskyning te maak. Nie seker of dit was omdat dit buite vakansie seisoen was, dat dit so stil was nie. Die tennisbane, putt-putt en ander aktiwiteit-gronde was verwaarloos."
"Gannabos is in die distrik van Venterstad. Dit bied rustigheid en 'n gevoel dat sake goed bestuur word."
"Niks oop winkels op Sondae nie. Het gesukkel om eetgoed te kry op 'n Sondagmiddag en moes al die pad terug ry Colesberg toe."
"Hoogs aanbeveel. Lekker wegbreek van al die gevoel van die stad. Ons het 'n besoek gereel gekry in die damval - hoogs aan te beveel!"
"Stil dorpie, goed vir geskiedenis-liefhebbers. Word netjies gehou. Kuierplekke gewild onder die inwoners en reisigers. Sluit in by jou reisplan."
"Die area het sy eiesoortige bekoring wat 'n mens voorwaar nie kan miskyk nie."
"Dit was ons eerste besoek aan Bethulie en ons het nie van die boogbrug oor die Oranjerivier geweet nie. Ook nie van die Kampkerkhof waar baie ouers en klein kindertjies in die konsentrasiekampe vir volk en vaderland gesterf het nie. Dit was wonderlik om dit te besoek. Ons moes egter soek vir aanwysings en moes vir iemand in die dorp die aanwysings vra."