Verified Reviews
Strand
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Strand
Rated 4.6 out of 5 based on 269 reviews.
"Dit is 'n baie lekker plek om vakansie te hou. Die strande is skoon en netjies. Daar is beslis genoeg om te doen."
"Dit was lekker om te sien dat Strand se mense die area mooi skoon hou. Ons het daagliks gesien hoe hulle die paaie en strand skoon maak. Bietjie meer asblikke naby die strand sal dalk 'n goeie ding wees."
"Behalwe vir die toestroom van mense op vakansiedae, is dit beslis 'n plek om te besoek."
"Dis een van die beste vakansiedorpe om te besoek en ek sal enige tyd weer soontoe wil gaan."
"Strand was super clean, never felt unsafe. Great restaurants and within 20 min of nearest wine farms. Beach is long, clean and offers choices for those who like it really busy or quiet. Water is very shallow so no big waves or rip tides. Sunsets are beautiful. The wind and sand was a challenge, but that's the Cape for you. "
"Strand is ons gesin se gunsteling-vakansieplek. So baie dinge om te doen en te sien."
"Strand is een van my geliefkoosde vakansiebestemmings. Die strand is fantasties, en alle winkels wat nodig is, is binne bereik. Lang ente stap op die wit strand is so verfrissend. Ons gaan altyd weer terug!"
"Die wind is nie altyd 'n plesier vir ons Transvalers nie, maar dis nie die Strand se skuld nie."
"Die Strand het 'n lieflike strand om te geniet en baie om te doen in die omgewing. Genoeg winkels om van die kies en te keur en lekker eetplekke."