Verified Reviews
Somerset East (KwaNojoli)
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Somerset East (KwaNojoli)
Rated 4.2 out of 5 based on 32 reviews.
"Beautiful area and very peaceful. There is a nursery close to the accommodation with a nice restaurant (Blue Lizard) where we had a delicious lunch, it also had a small deli where we could buy some nice treats and other food items."
"Walter Battis museum is baie interessant en ons het baie inligting daar gekry. Somerset museum is baie interessant. Slagtersnek se uitstalling is goed. Restaurante baie goed, On Main en Oom Wessel se padstal, heerlike pizzas."
"Mooi dorp teen berge. Kan doen met meer toeriste-aantreklikhede aangesien die platteland dit nodig het."
"Pragtige plek om te oornag as jy PE se kant toe reis. Bietjie verder as halfpad."
"Sonder die berg sou dit maar baie vaal wees. Die aangesig van die berg is magies. Dorpie lyk skoon en die tuine en huise is pragtig, so mens sal meer waarde kry deur te stap. Winkels en restaurante is maar min, en op Sondae is alles toe vir ontbyt. Ons vriende het gaan eet by die Somerset Hotel Saterdagmiddag, en was baie beïndruk met die kos en vriendelike diens. Ons sal definitief weer hierdie dorpie besoek."
"Somerset-Oos is 'n dorp met ouwêreldse sjarme. Skoon strate, rustige omgewing - het veilig gevoel. Selfs die restaurant wat 'takeaways' verskaf het, is aan te beveel. Vriendelike inwoners - was by 'n diensverskaffer met die naam van Hansie, wat gehelp het met 'n skroef wat losgekom het in onderstel van voertuig, uit sy pad gegaan om te help, wou nie eers geld aanvaar nie - dis die soort dorp wat dit is. Omgee-dorp. Sal beslis weer 'n draai wil maak in Somerset-Oos."
"If you come from a hectic city like Jozi this is the place to be. Peace of mind."
"Dieselfde hartseer agteruit-gang van die groter Oos-Kaap en elke dorp waardeur ons gery het, het ook sy merk op die dorp gemaak."
"Die ligging is pragtig - aan die voet van die berge, in ‘n rustige omgewing. Dis omring deur netjiese boerderye, en die pad daarheen is goed."
"Baie interessante dorp en beslis baie mooier as verskeie ander dorpe in daardie omgewing. Ek het verskeie pragtige foto's in die dorp geneem."
"There is a lot in Somerset East and this is a rural town steeped in history. However, with the current municipal management, as is the case in many others in the Eastern Cape, the town is not clean and the roads in the town leaves much to desire. Somerset East, you have what a lot of towns would wish for, get it in shape and be proud of the history and use it to the town's benefit. You have Battis, Piet Retief and many more, use it to be on the map!"
"'n Interessante dorp met besondere museums en ander historiese geboue. Die Walter Battiss-museum is 'n moet vir enige kunsliefhebber! Lekker restaurante is nog 'n pluspunt vir hierdie dorp wat werklik 'n besoek werd is."