Geverifieerde Resensie
Shaka's Rock
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Shaka's Rock bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 50 resensies.
"Dit hang af van wat n mens of gesin wil doen. Ek werk in Wes-Afrika al vir drie maande en as ek bietjie huis toe te kom wil ek so rustige see-uitsig en private plekkie hê om te geniet. Lekker eetplekke is orals, net somer om elke hoek."
"Dit was my eerste keer in Shaka's Rock en ek het dit ten volle geniet. Dis baie stiller as in Durban en het 'n baie beter atmosfeer vir ons gehad."
"Heerlik sentraal, lieflike strandjies aan weerskante. Genoeg om te doen. Sal beslis Shaka's Rock aanbeveel en self teruggaan."
"Vir my as rolstoelgebruiker is die sypadjies nie baie rolstoelvriendelik nie, dit is soms te smal en het hoë kante af, dit is moelik om by die houtpaadjies te kom vanaf die woonstel tot daar. Die strand met sy houtpaadjies is baie lekker om te gebruik en baie rolstoelvriendelik."
"Shaka's Rock is a lovely, wonderful area. We were very impressed with the shopping areas, malls, shops and beaches."
"Shaka's Rock is regtig 'n heerlike vakansie vir gesinne met kinders. Die getypoele is 'n dag se tydverdryf vir die kinders en groot mense kan snorkel en swem."
"Shaka's Rock is great if you have small children as the rock pools are lovely. But it's not great if you'd like to actually swim in the sea."