Verified Reviews
Sedgefield
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Sedgefield
Rated 4.7 out of 5 based on 366 reviews.
"Alle eetplekke daar maak baie vroeg toe. Nie baie om te doen nie, maar ons het deurgery Knysna toe."
"Dit was ons eerste kuier in Sedgefield en dis voorwaar 'n juweel op die Tuinroete."
"Sedgefield is 'n pragtige kusdorp met vele aktiwiteite beskikbaar. Is ook goed geleë om die Tuinroete te verken."
"Sedgefield is naby groot winkels in George vir die koopgieriges, maar ook rustig genoeg vir die natuurliefhebbers. Baie om te doen en sien in die onmiddellike omgewing. Een van my gunstelingdorpe!"
"Sedgefield is vir my asemrowend mooi. Die natuur nog ongeskonde, baie skoon strande wat ook nie oorvol is nie."
"Ek't net nie van daai snaakse elemente by die winkels gehou nie, maar verder was alles cool. Ek kom weer en sal die plek definitief aanraai vir vriende wat op 'n roadtrip wil gaan en wil oornag. "
"Die mooiste dorpie. Sal gald nie omgee om permanent daar te woon nie, maar ongelukkig is die wonings onbekostigbaar om te huur of te koop."
"Baie mooi natuurskoon. Sentraal geleë tussen Knysna, Buffelsbaai en George. Baie dinge om te sien. Die Wild Oats oggendmark was ook 'n belewenis."
"Beautiful town, with stunning nature, a good variety of shops, entertainment and arts and crafts."
"Ons is mal oor Sedgefield, sal perfekte aftree plekkie wees, indien eiendom bekostigbaar was. Dit lyk na baie stil en rustig en veilige plekkie."
"'n Lekker dorp om in te oornag. Die "Sedgefield mark" (net op Saterdae), is beslis 'n geleentheid wat níe gemis moet word nie."
"Very quiet and relaxing place. This is definitely a place where you want to go and relax and just switch off from the world."