Geverifieerde Resensie
Sasolburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Sasolburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.3 uit 5 gekry volgens 24 resensies.
"Sasolburg, die dorp self, kon ons nie self beleef nie aangesien ons daar was om 'n troue by te woon by Duck Point, maar dit wat ons van die dorp beleef het, kan daar definitief meer aandag gegee word aan netheid van die sypaadjies en paaie, soos 'n mens deur die dorp ry. Vaalpark is rustig, kalm en tegemoedkomend. Kos vir die siel."
"Sasolburg is maar 'n industriële gebied en kan maar verwag dat dit nie 'n toeristemekka kan wees nie. Paaie kort baie aandag soos met meeste gebiede."
"Ek dink nie Sasolburg is 'n toeristebestemming nie, alhoewel daar mooi vakansieplekke langs die rivier is."
"Ek was slegs in Sasolburg op besigheidreis, die paaie is nie in 'n puik toestand nie, so mens moet definitief mooi kyk waar jy ry en versigtig ry. Alles is binne bereik en geen ander klagtes."
"It was very sad to see how the roads have deteriorated and the number of potholes on the highway."
"Ons familie bly in Sasolburg so ek kan nie eintlik kommentaar lewer nie, was maar net daar vir 'n begrafnis. Ons bly vêr daarvandaan, maar wat ek gesien het is die dorpie mooi skoon maar soos orals is die paaie in 'n slegte toestand."
"Great place to get out of the busy cities, nice and accommodating."
"It has a lot of river spots, so you will definitely not go wrong visiting there."