Geverifieerde Resensie
Saldanha Bay Local Municipality
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Saldanha Bay Local Municipality bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 545 resensies.
"Die nabygeleë Weskus Mall maak dit 'n gerieflike bestemming. Ook binne trefafstand van baie ander kusdorpe soos Langebaan, Jacobsbaai, Paternoster, ens."
"Saldanha was vir ons lekker om in te bly, ons het vandaar na die verskillende plekke gegaan. Nie te veel om te doen in Saldanha self nie."
"Vir die eerste ervaring in Saldanha was dit vir ons 'n belewenis. Sentraal geleë en binne redelike bereikbare afstand en kan al die omliggende klein plekkies maklik besoek."
"Dit was vir ons 'n belewenis. Slipway se ontbyt, vars vis te koop by Sea Harvest. Baie lekker."
"Saldanha was baie rustiger as Langebaan en ons verkies die rustigheid bo die verdringing deur vakansiegangers. Die Hoedjiesbaai Hotel se kos was baie lekker en ek sal dit aanbeveel vir mense wat lief is vir seekos. Daar is nie regtig baie te doen op Saldaha nie. Maar ons het die rustigheid warder en dit was ook net 'n eennag stop op ons Weskus toertjie."
"Daar is nie veel te sien in Saldanhabaai nie. Jy moet uitry Paternoster of Jacobsbaai toe om bietjie weg te kom. "
"Saldanha se restaurante is redelik, maar ek sal eerder die pad vat en Langebaan en omliggende omgewing beproef. "
"Saldanha is peaceful in the sense that if you are capable of keeping yourself busy you are likely to have an amazing visit!"
"Saldanha is pragtig, nostalgiese bestemming met soveel nabye plekke om te sien en te beleef, wat 'n ervaring!"
"Heerlike vakansie-atmosfeer met genoeg nabygeleë winkels vir jou alledaagse benodighede."
"Dink nie ek sal 'n lang vakansie daar wil deurbring nie, maar dit was 'n redelik sentrale plek vanwaar mens die omgewing heerlik kon besoek en verken."
"Komplimente aan die munisipaliteit oor die skoon strate en parkeerareas op 24 Desember en vroeg Kersoggend. Die B&B waar ek gebly het, het op navraag gesê dat hulle mark werknemers en konsultante van plaaslike industrieë is. Ondersteuning aan die industrieë sal tot voordeel van die inwoners wees, wat dan tot algemene vooruitgang kan lei. Langebaan het reeds die toeriste en fokus op plaaslike nywerhede sal die gemeenskap baat. Blue Bay Lodge se kersete was uitstekend. Die personeel was vriendelik en het die geleentheid 'n plesier gemaak. Die ete was heerlik voorberei en tot aan die einde was die geregte warm en vars. Komplimente aan die span."