Verified Reviews
Rawsonville
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Rawsonville
Rated 4.4 out of 5 based on 134 reviews.
"'n Dorp wat 'n wegkomkans bied van die gejaagde stedelike/voorstedelike lewenstyl."
"Vir ons is dit ons plek vir sielsrus kry. Fantastiese wynomgewing en die ontvangs wat mens by al die kelders kry is wow!"
"Pragtige, stil, skoon dorp waar alles wat jy nodig het op Worcester te kry is. Naby aan 'n aantal goeie wynplase en interessante eetplekke."
"Charmaine het ook vir ons verduidelik waar om inkopies te doen en die dorp lyk mooi en skoon en die winkel is ook goed."
"Pragtige omgewing so tussen die wingerde en berge! Dorp se hoofstraat is geen advertensie vir die dorp of omgewing nie! Huidiglik is dit beter om die hoofstraat vermy!"
"Vanaf Rawsonville het ons uitgery na Paarl, Franschhoek en die hele omgewing plat getoer. Lekker sentraal geleë!"
"Rawsonville is goed geleë om omliggende wynplase te besoek. Die dorp self het nie regtig veel om te sien nie."
"Daar is baie padwerke in en om Rawsonville, wat dit vir 'n mens moeilik maak om by jou bestemming uit te kom, veral as jy nie weet waar jou verblyfplek is nie. Andersins is Rawsonville 'n pragtige, landelike dorp met mooi wingerde. Voorwaar 'n plek om by af te pak."
"Ons het die plek verken, lekker wynplase besoek, 'n pub besoek en rugby gekyk. Alles was lekker sal weer daarheen gaan."
"Die plek is ideaal geleë vir toeriste wat na 'n bedrywige dag wil gaan rus. Die kliëntediens in al die winkels was uitsonderlik goed. Dis van die min plekke waar 'n mens nog kliphard gegroet word. Dit is 'n vriendelike dorp waar 'n mens goeie vriende kan maak."
"Ons was hier vir 'n troue. Was 4 km weg van die venue af, polisie is baie erg op gaste wat nie van die omgewing af kom nie. Daar is definitief 'n mark vir meer vervoermaatskappye wat gaste optel en aflaai. Maak vervoer van en na 'n bestemming opsioneel - veral as dit vir spesiale okasies is. Vir 'n "plaasdorp" is die polisie erger as in die stad self. Stuur hul bietjie stad toe, ons het hul in die stad meer nodig. Andersins sal ek more Rawsonville toe trek as ek kon."