Verified Reviews
Ramsgate
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Ramsgate
Rated 4.5 out of 5 based on 85 reviews.
"Baie rustige area met alles en nog meer wat jy nodig het. Sentraal geleë vir alle besienswaardighede."
"Ons gaan elke jaar na Margate/Ramsgate en geniet dit terdeë om bietjie te rus, dit is veilig en ontspannend met genoeg om te doen en te besoek."
"Ramsgate is a central point to stay and have a lot to offer to holidaymakers. There are a lot of shops and malls close by."
"Baie lekker strand - klomp besienswaardighede in kort afstande rondom strand. "
"Ons het dit baie geniet om daar rond te ry en veral die "Waffle House" te besoek. Dis 'n baie mooi plek."
"Soos met die grootste gedeelte van die Suidkus kry mens maar die idee dat die omgewing slordig is en dat dienslewering nie goed is nie. Daar is egter baie dinge in die omgewing om te doen, en die plaaslike voedselwinkels het alles wat mens nodig het en diens is baie vriendelik - veral by die plaaslike Spar. Die talle eetplekke bied heerlike afwisseling, maar mens moet in gedagte hou dat dit baie meer 'laid back' as in die groot stede is en dat jy nie haastig moet wees as jy gaan eet nie."
"Ramsgate is 'n baie lekker plek om vakansie te hou. Lekker klein en nie so besig soos Margate nie."
"Die hele Ramsgate omgewing gee mens die gevoel van weg van die gewoel wees en bied rustigheid en vrede vir jou siel. Die ligging stel jou in staat om te beplan of jy na 'n besige strand, 'n winkelsentrum, woelige naglewe, of natuur of dieper die binneland in wil gaan. Al die moontlikhede met die wete dat jy later kan terugkeer na die kalmte en rustigheid van Ramsgate, die perfekte vakansie-bestemming."
"As jy rustigheid soek is dit heerlik en dit is tog naby Shelly vir shopping en aktiwiteite."
"Die plekkie is klein en daar is uit die aard van die saak nie veel op die dorpie self te doen nie. Dit is egter naby baie ander attraksies, wat dit 'n lekker bestemming maak. Die groot aantal gholfbane in die omgewing maak dit 'n uitstekende bestemming vir gholfspelers wat 'n rondte in die oggend wil gaan speel en die res van die dag saam met die gesin wil deurbring."
"Nie veel om te doen nie, maar die strande is baie skoon en Margate is nie ver daarvan af nie."