Verified Reviews
Ramsgate
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Ramsgate
Rated 4.5 out of 5 based on 85 reviews.
"Bad weather may result in a lack of entertainment in Ramsgate but weather permitting, the beaches are stunning! "
"Alles is binne stapafstand vanaf Blue Door. Goeie eetplekke. "
"Ons het Ramsgate werklik geniet omdat die omgewing baie stil is. Ons het baie plekkies en winkels gaan besoek en dit was heerlik. Ek sal Ramsgate enige tyd vir mense aanbeveel. "
"Die Mac Bananna is beslis 'n heerlike dag wegbreek en pannekoek of ontbyt eet is 'n moet. Die winkelsentrums is heerlik skoon en glad nie so duur as wat verwag sou word binne seisoen nie. Ramsgate strand is heerlik skoon en beslis familie en swem vriendelik en Julie is ook dan natuur tyd, lekker weer, sonskyn strande en warm see water die opgewondenheid oor die sardien run is aansteeklik of jy visvang of nie. Croc world is energiek en leersaam en die slang park 'n groot verassing en leersaam. Ryp word van piesangs, Walvis speel plek regtig besonder, snorkel saam met ongenooide gaste, dolfyne en voortreflike eet plekke, apies wat rond rits, verskeie voëls en heerlike stap roetes langs die strand en in die plantasies. Elke kilometer was die moeite werd. Dankie Ramsgate vir die gratis "booklets" ivm omgewing gebeurtenisse dit het ons beslis gehelp. Julle rock!"
"Ramsgate is naby alle geriewe. In 'n omtrek van 10 kilometer kry jy alles wat jy wil hê."
"Daar is wonderlike eetplekkies en strande om te verken. Sowat 3 km van Calamari af is 'n pragtige skoenlapperplaas. Margate se strand is net 20 minute se vinnige stap strandlangs. "
"Ramsgate is soveel lekkerder en beter as wat ek verwag het. Het altyd net in die verbygaan na Ramsgate gekyk. Noudat ek dit van naby leer ken het, sal ek baie eerder Ramsgate toe gaan as Margate. Voorwaar 'n juweel waarvan mense nie bewus is nie. Dis stiller as Margate en in my opinie 'n baie lekkerder swemstrand."
"Ramsgate sal moet aandag gee aan hulle waterprobleme. Ons het 2 dae vroeër huiswaarts gekeer a.g.v geen water in die area nie wat glo n gereelde gebeurtenis is wat vir dae lank aanhou. "
"Ramsgate is die ideale bestemming vir 'n rustige Suidkus-vakansie. Die 'Waffle House' bly 'n groot trekpleister en alle winkelfasiliteite en ander toeristebesienswaardighede (soos uShaka, Oribi-ravyn, baie mooi gholfbane, ensovoorts), is naby genoeg aan Ramsgate."
"Just a pity the community have not done something about all the rubbish on the beaches. "
"Pragtige kusdorpie met fantastiese strande. Die Ramsgate Meander is 'n droom om te stap. Daar is genoeg fasiliteite en winkels om al jou noodsaaklike items aan te spreek sonder om te groot en besig te voel."
"Lieflike plekkie, Waffle Huis is 'n moet op jou besoek. Die strande is skoon en pragtig en enige iets wat jy moontlik mag nodig hê is maklik bekombaar."
"Ramsgate is 'n rusplek, moenie daarheen gaan as jy vermaak wil word deur malls en luukse resturuante nie, perfek vir wegbreek van alledaagse lewe."
"Perfek vir die stiller maande, ek dink in seisoentyd kan die nouer strate dalk 'n probleem wees."