Geverifieerde Resensie
Pretoria East
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Pretoria East bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 293 resensies.
"Elarduspark is sentraal geleë en kan 'n toerisme-bestemming wees, alhoewel ek dit eerder sal adverteer as verblyf naby die lughawe."
"Baie mooi area en stil. Daar is nog baie plekkies wat ons nog daar wil kom besoek in die toekoms."
"Lekker plek om te gaan kuier alles naby. Genoeg Uber geleenthede as jy hulle nodig het."
"Faerie Glen word uitstekend deur die inwoners as veilige tuiste bewaar. Van die beste woonbuurt in Pretoria. Naby aan alle belangrike instansies."
"La Montagne is goed geleë en 'n goeie keuse om as basis te gebruik vir verskillende uitstappies, dit is naby die snelweg, nie te vêr van die lughawe nie en lekker rustig. "
"Nie te ver van Internasionale Lughawe. Groot sentrums in radius van 7 km. Was meer as voldoende vir ons doeleindes. "
"Baie veilig waar mense nog kan stap in die strate en die kinders op hulle fietse kan rondry."
"Fantastiese ligging in Pretoria. My GPS was net bietjie deurmekaar om by die korrekte hek van die veiligheidsarea in te gaan, maar die groot aanwysings maak dat mens maklik jou bestemming bereik. Dis werklik naby Menlyn en die hoofweg."
"Die naamborde na die bestemmings kan beter aangedui word. Verder is dit 'n heerlike en lieflike omgewing."