Verified Reviews
Potchefstroom
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Potchefstroom
Rated 4.1 out of 5 based on 604 reviews.
"Daar was mooi dele en waar ons oornag het, was mooi. Naby en om die kampus is lieflike lanings. Net jammer die strate is vol slaggate."
"It feels a lot like Stellenbosch. Lots of young people walk the streets which we enjoy."
"Die liggiefees by Abraham Kriel kinderhuis in Desember is uitstekend! Hulle kan dit gerus meer adverteer!"
"Die landskap verander drasties as jy die grond pad na Venterskroon vat. Daar is 'n aangename "Pub en Grill" in die dorp."
"Dis 'n rustige dorpie alhoewel dit op die N12 geleë is. Daar is regtig iets vir elke ouderdomsgroep. Niks is beperk tot slegs 1 plek nie. Verskeidenheid is aan die orde van die dag."
"Baie moeilk om te sê of Potch voldoen aan 'n toeristedorp se kriteria. Ons was hier tuis om ons dogter se finale-jaarsdinee by te woon. Ons besoek Potch hoofsaaklik as gevolg van ons kinders wat daar studeer. Ek dink Potch sal beslis beskik oor heelwat besienswaardighede wat die besoek aan Potch onvergeetlik sal maak."
"Dis my geboorte dorp. Ek het skool gegaan daar en ken Potch baie goed. Die paaie is beroerd. Jy moet soos in Top Gun ry tussen die slaggate. Belaglik."
"Potchefstroom is a great travel destination with many landmarks and great tourism attraction destinations."
"Afgesien van die Universiteit-omgewing gaan die dorp gebuk onder die algemene verval van plattelandse dorpe."
"Besige dorpie, lekker mense en kuierplekkies. Passop vir die slaggate, anders is dit 'n lekker dorpie met vriendelike mense."
"The Kraal is a beautiful travel destination if you're looking to get away, relax and just rejuvenate."